Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 5/08 bl. 30
  • Ons beskou die wêreld

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ons beskou die wêreld
  • Ontwaak!—2008
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die meerderheid oortree die wet
  • Kernwapens “in God se hande”?
  • Heuning in eertydse Israel
  • Troeteldiere kom eerste
  • “’n Land wat oorloop van melk en heuning”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Het jy geweet?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Die kernbedreiging—nog lank nie verby nie
    Ontwaak!—1999
  • Kernoorlog—Wie is die bedreigings?
    Ontwaak!—2004
Sien nog
Ontwaak!—2008
g 5/08 bl. 30

Ons beskou die wêreld

◼ “Daar is volop wetenskaplike bewyse vir evolusie wat blykbaar sigbare werklikhede is en ons kennis van die lewe verryk.”—POUS BENEDIKTUS XVI.

◼ “Amptenare het geskarrel . . . om die geld te vind om sowat 74 000 brûe ‘met strukturele probleme’ in die VSA te inspekteer en te herstel nadat ’n 40 jaar oue snelwegbrug in Minneapolis [Minnesota] tydens spitstyd weens swaar verkeer sonder waarskuwing 60 voet [18 meter] ver tot in die Mississippi gestort het en [13 mense] se dood veroorsaak het.”—THE WEEK, VSA.

Die meerderheid oortree die wet

“Die veronderstelde ‘wetsgehoorsame meerderheid’ is niks anders as ’n gerieflike mite nie”, sê die Londense koerant The Times. “Die meeste Britte erken dat hulle net die wette gehoorsaam wat hulle wil, wanneer hulle wil.” Navorsing vir die Sentrum vir Studies oor Misdaad en Strafregspleging by King’s College, Londen, toon dat die meeste wetsoortreders uit die “ordentlike” kern van die gemeenskap kom. ’n Derde van dié wat ondervra is, betaal met kontant om belasting te vermy, ’n derde hou die geld wanneer hulle te veel kleingeld ontvang en ’n vyfde erken dat hulle by die werk steel. Navorsers sê dat hierdie gedrag “’n aanduiding is van die sedelike toestand van die gemeenskap—dalk in veel groter mate as gewelddadige en straatmisdaad”.

Kernwapens “in God se hande”?

Die Russies-Ortodokse Kerk het sy seën uitgespreek oor die werk van die mans en vroue wat verantwoordelik is vir die berging en instandhouding van Rusland se kernarsenaal. In ’n boodskap wat gelees is gedurende ’n seremonie in die Christus die Verlosser-katedraal, Moskou, en waaroor die koerant Krasnaja Zwezda berig het, het die Russies-Ortodokse patriarg, Alexis II, gesê: “Ek bid tot God . . . dat die kernwapens wat deur julle geskep en aan julle toevertrou is, altyd in God se hande sal bly en slegs gebruik sal word as afskrikmiddel en vir weerwraak.”

Heuning in eertydse Israel

“Argeologiese bewyse van die Bybel se beskrywing van Israel . . . as ‘die land van melk en heuning’ (of ten minste die laasgenoemde) is ontdek”, sê die Hebreeuse Universiteit van Jerusalem se Instituut vir Argeologie. Die vonds, by Tel-Rehov in Israel se Bet-Sean-vallei, bestaan uit drie rye silindriese byekorwe van klei wat in ten minste drie lae opmekaargestapel is. Die kolonie dateer “uit die 10de tot die vroeë 9de eeu v.G.J.” en “het waarskynlik uit sowat 100 byekorwe bestaan”, sê die verslag. Byeboere skat dat die korwe moontlik “tot ’n halfton heuning” per jaar gelewer het.

Troeteldiere kom eerste

Volgens ’n Internet-opname “sê een uit vier Australiërs dat hulle troeteldier die kosbaarste lid van die gesin is, selfs belangriker as hulle metgesel of ouers”, berig The Sydney Morning Herald op hulle webwerf. Een uit drie respondente in ’n opname wat deur ’n Australiese finansiëledienstemaatskappy gedoen is, bestee “meer tyd en geld aan hulle troeteldier as aan hulle eie mediese behoeftes”. Troeteldierbehandeling sluit opsies in soos magnetiese resonansiebeelding, minimaletoegangchirurgie, beenoorplantings, chemoterapie, orgaanoorplantings, heupvervangings en selfs breinchirurgie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel