Kom luister na die openbare toespraak “Wie gee God vandag heerlikheid?”
Die blote idee om God heerlikheid te gee, kan vir godsdienstige mense verwarrend klink. Is God nie die Grootse Soewerein van die heelal nie? Hoe kan ’n blote mens hom dan verheerlik? Dit is moontlik, want die Bybel spoor ons aan: “Vrees God en gee hom heerlikheid” (Openbaring 14:7). Een manier waarop ons dit kan doen, is deur ‘die woord van God te hoor en dit na te kom’ (Lukas 11:28). Ja, wanneer ons die Bybel bestudeer en volgens die beginsels daarin lewe, vereer en verheerlik ons die Outeur daarvan, Jehovah God.
Maar wie gee God vandag op hierdie manier heerlikheid? Miljarde sê dat hulle godsdienstig is, maar is dit al wat vereis word? Hoe kan ons seker wees dat ons vorm van aanbidding God behaag en hom dus verheerlik? Hierdie vrae sal beantwoord word in die besielende toespraak “Wie gee God vandag heerlikheid?” Hierdie openbare toespraak sal later vanjaar by die streekbyeenkomste van Jehovah se Getuies gehou word. Daar sal honderde van hierdie byeenkomste regoor die wêreld wees. As jy wil uitvind waar die byeenkoms naaste aan jou gehou sal word, kan jy gerus met Jehovah se Getuies in jou omgewing in verbinding tree of aan die uitgewers van hierdie tydskrif skryf.