Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g99 11/8 bl. 26-27
  • Wat sit agter heksery?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat sit agter heksery?
  • Ontwaak!—1999
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Onvervulde behoeftes
  • Wat weet jy omtrent heksery?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
  • Wat jy omtrent heksery moet weet
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
  • Die Europese heksejagte
    Ontwaak!—2014
  • Die waarheid omtrent die toorkuns en heksery
    Die weg na die ewige lewe—Het jy dit gevind?
Sien nog
Ontwaak!—1999
g99 11/8 bl. 26-27

Die Bybelse beskouing

Wat sit agter heksery?

“HEKSE.” Waaraan laat hierdie woord jou dink? Aan lelike, ou vroue wat skadelike towerspreuke uitspreek of aan losbandige vroue wat met Satan omgaan? In teenstelling met hierdie stereotipe lyk talle hedendaagse, selferkende hekse soos gewone mense. Party is gerespekteerde professionele persone, soos regsgeleerdes, onderwysers, skrywers en verpleegsters. Wêreldwyd is daar ’n herlewing van godsdiensbewegings wat blykbaar aan die okkulte grens, soos natuurgodsdienste en die nuwe heidendom.a “Waar ’n mens ook al deesdae in Rusland gaan, sal jy vind dat heksery ’n deel van die daaglikse lewe is”, het ’n polisieman in daardie land gesê. In die Verenigde State is daar na raming 50 000 tot 300 000 hekse, oftewel “Wiccans”,b soos party hulleself noem.

Vandag word die woord “heks” dikwels losweg gebruik en kan dit verskillende dinge vir verskillende mense beteken. Dit lyk of die hedendaagse toename in heksery hoofsaaklik verband hou met ’n soort godsdiens wat godinne aanbid, op die natuur gebaseer is en ’n sterk geloof in bonatuurlike kragte het. Party hekse beoefen hulle rituele alleen en vier die verandering in seisoene, die stand van die maan en ander natuurverskynsels. Ander aanbid en spreek hulle towerspreuke uit in ’n heksevergadering, ’n groep wat gewoonlik uit 13 hekse bestaan.

In die Weste is die openbare siening van heksery vandag weliswaar heeltemal anders as die gesindhede wat aanleiding gegee het tot die heksejagte van die Middeleeue. Maar hier en daar kom uitbarstings van barbaarse geweld teen hekse nog steeds voor. Byvoorbeeld, vroeg in Oktober 1998 het bendes gewapen met kapmesse in Indonesië meer as 150 mense doodgemaak wat daarvan verdink is dat hulle hekse was. In Suid-Afrika is daar tussen 1990 en 1998 meer as 2 000 gevalle van geweld teen hekse aangemeld, wat 577 moorde ingesluit het. In die lig van sulke uiterstes—wat wissel van belangstelling in heksery tot haat teenoor hekse—hoe moet Christene die saak beskou?

Onvervulde behoeftes

Wat beweeg mense om hedendaagse heksery te beoefen? Hulle sê dat een faktor eerbied vir die natuur en die lewe is. Trouens, party verduidelik gou dat hulle aanbidding nie diere-offers in hulle rituele insluit nie. Ander sê dat hulle by heksery betrokke raak omdat hulle mense probeer vind met wie hulle openhartigheid, vertroue en gemeenskaplike geestelike belange kan deel. “Almal wat ek in die heidense beweging ken, is so vriendelik en openhartig . . . Hulle is wonderlike mense”, sê ’n hedendaagse heks. En baie ontken enige betrokkenheid by Satan en sê dat daar geen godheid in hulle godsdiensstruktuur is wat deur en deur boos is nie.

Vir baie van hulle is die hoofrede waarom hulle hekse word die feit dat hulle ’n geestelike leemte ervaar en deur hoofstroomkerke ontnugter is. Phyllis Curott, ’n Wiccan-hoëpriesteres, sê die volgende oor haar heksevergadering: “Almal van ons was ontevrede met die leerstellings en gebruike van die godsdienste waarin ons grootgeword het.” Hedendaagse heksePsalm 73:28, NW; 1 Petrus 1:15, 16; Openbaring 4:11). Hy nooi alle mense om hom te soek ‘en hom werklik te vind’ (Handelinge 17:27). Gevolglik kan ware geestelikheid net verkry word deur juiste kennis van die ware God, Jehovah, in te neem. Dit kan gedoen word deur sy Woord, die Heilige Bybel, te bestudeer. “Kom nader aan God, en hy sal nader aan julle kom”, verseker die Bybelskrywer Jakobus ons.—Jakobus 4:8.

Maar God se Woord waarsku ons teen ’n kwaadwillige bron van bose geestelikheid (1 Johannes 4:1). Dit identifiseer Satan die Duiwel, Jehovah se aartsvyand, en sy demone as die bron van baie van die misplaaste geestelikheid wat vandag so algemeen is.c Volgens die Bybel het Satan baie se ‘verstande verblind’. Hy is in werklikheid besig om “die hele bewoonde aarde [te] mislei”, ook diegene wat by heksery betrokke is—of hulle nou sê dat hulle die Duiwel aanbid of nie. Waarom is dit so?—2 Korintiërs 4:4; Openbaring 12:9.

Baie van die gebruike en rituele wat met hedendaagse heksery gepaardgaan, toon ’n merkwaardige ooreenkoms met die bonatuurlike aspekte van Satanisme. Gevolglik kan selfs sogenaamd onskuldige nuuskierigheid maklik tot okkultisme lei. Trouens, baie het al op hierdie manier slagoffers van Satan se bose invloed geword.

Iets wat nie geïgnoreer moet word nie, is die feit dat mense wat hedendaagse heksery beoefen soms daartoe aangetrek word omdat hulle mag wil hê of omdat hulle wraak wil neem. “Daar is mense wat hulleself hekse noem en dit dan vir bose doeleindes kan gebruik”, het Jennifer, ’n hedendaagse heks, gesê. In elk geval, goedaardige sowel as wraaksugtige hekse loop die gevaar om heeltemal onder die beheer van Satan en die demone te kom. Party hekse ontken dalk die feit dat sulke bose geesskepsele bestaan, maar dit stel hulle net meer bloot aan sulke geesskepsele se bedrog.—Vergelyk 1 Korintiërs 10:20, 21.

Die Bybel veroordeel waarsêery, heksery, towery, die uitspreek van towerspreuke en enige poging om met die dooies te kommunikeer. Dit sê duidelik: “Elkeen wat hierdie dinge doen, is vir die HERE ’n gruwel” (Deuteronomium 18:10-12). Christene is natuurlik vasbeslote om “aan almal goed [te] doen”, en in hulle bediening het hulle al baie mense gehelp om hulle van alle vorme van spiritisme los te ruk (Galasiërs 6:10; Handelinge 16:14-18). Ware Christene vermy nogtans enige betrokkenheid by valse aanbidding, met inbegrip van enige vorm van heksery.—2 Korintiërs 6:15-17.

[Voetnote]

a Die term “natuurgodsdiens” verwys na die opvatting dat die aarde en alle lewende wesens deel van die goddelike is en dieselfde lewenskrag deel; “nuwe heidendom” verwys na die aanbidding van voor-Christelike gode.

b Wiccans is aanhangers van Wicca, wat volgens The American Heritage College Dictionary “’n heidense natuurgodsdiens [is] wat in voor-Christelike tye in Wes-Europa ontstaan het”.

c Die reeks “Die Bybelse beskouing” in die Ontwaak! het al vrae beantwoord soos “Is daar werklik ’n duiwel?” (8 Januarie 1990, bladsye 12-13) en “Bestaan daar werklik demone?” (8 April 1998, bladsye 18-19).

[Foto-erkenning op bladsy 26]

Picture Book of Devils, Demons and Witchcraft/Ernst and Johanna Lehner/Dover

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel