Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g98 10/22 bl. 8-11
  • Wanneer alle mense mekaar sal liefhê

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wanneer alle mense mekaar sal liefhê
  • Ontwaak!—1998
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Lewe in ’n regverdige nuwe wêreld
  • Voldoen aan die vereiste om vir ewig te lewe
  • Die lewe in ’n vreedsame nuwe wêreld
    Die lewe in ’n vreedsame nuwe wêreld
  • “Soos in die hemel net so ook op die aarde”
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
  • Die lewe wat hy moontlik maak
    Ontwaak!—2006
  • Sal ons aarde ooit vernietig word?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
Sien nog
Ontwaak!—1998
g98 10/22 bl. 8-11

Wanneer alle mense mekaar sal liefhê

IN SY Bergpredikasie het Jesus Christus na ’n tyd verwys wanneer alle mense mekaar sal liefhê. Ter inleiding het Jesus die 37ste Psalm aangehaal en gesê: “Geseënd is die sagmoediges: want hulle sal die aarde beërwe.” Daardie Bybelpsalm beskryf ook hoe hierdie wonderlike situasie teweeggebring gaan word: “Kwaaddoeners sal uitgeroei word; maar diegene wat op Jehovah wag, hulle sal die land beërwe.”—Matteus 5:5; Psalm 37:9; American Standard Version.

Wat ’n merkwaardige verandering sal dit tog wees—alle kwaaddoeners is van die aarde verwyder en net mense wat mekaar liefhet, bly oor! Hoe sal dit ooit moontlik wees? Jesus het voortgegaan met sy beroemde Bergpredikasie en getoon hoe toe hy ons geleer bid het: “Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde” (Matteus 6:10). Let op waar God se wil gaan geskied. Nie net in die hemel nie. “Ons bid: Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde”, het ’n artikel in The Christian Century beklemtoon.

Maar wat is God se Koninkryk dan waarvoor Jesus ons geleer bid het? Dit is ongetwyfeld ’n werklike regering, ’n regering wat uit die hemel regeer. Daarom word dit “die koninkryk van die hemele” genoem (Matteus 10:7). Die aangestelde Heerser van hierdie Koninkryk, of regering, is God se Seun, Jesus Christus.

Lank voordat Maria aan Jesus geboorte gegee het, het Jehovah se profeet Jesaja die volgende voorspel oor daardie wonderdadige gebeurtenis en wat uiteindelik daarop sou volg: “Vir ons is daar ’n kind gebore, ’n seun is vir ons gegee; en die heerskappy sal op sy skouer wees: en hy sal genoem word Wonderbaar, Raadgewer, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors. Aan die vermeerdering van sy regering en van vrede sal daar geen einde wees nie” (Jesaja 9:6, 7, AS). Ná Jesus se dood en opstanding het hy langs sy Vader in die hemel gaan sit en gewag op die opdrag om as Koning te begin heers.—Psalm 110:1, 2; Hebreërs 10:12, 13; Openbaring 11:15.

Wat gaan dan uiteindelik van hierdie wêreld vol haat word? Let op hoe die Bybel hierdie vraag beantwoord. God se profeet Daniël het voorspel: “In die dae van dié konings sal die God van die hemel ’n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar ’n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan.”—Daniël 2:44.

Hierdie Bybelprofesie wys duidelik op ’n enorme verandering in mense-aangeleenthede. Hierdie hele stelsel van dinge, wat diegene van die mensdom insluit wat koppig weier om hulle aan God se heerskappy te onderwerp, sal van die aarde verwyder word! Let op deur wat dit vervang gaan word.

Lewe in ’n regverdige nuwe wêreld

Wanneer die ou wêreld tot ’n einde kom, sal daar oorlewendes wees. Die Bybel verduidelik: “Die wêreld gaan verby en so ook sy begeerte, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig” (1 Johannes 2:17). Ja, diegene wat die wil van God doen, sal tot in ’n nuwe wêreld bly lewe, net soos Noag en sy gesin deur die einde van die wêreld in hulle dag gelewe het. Die apostel Petrus het geskryf: “Daar is nuwe hemele en ’n nuwe aarde wat ons volgens [God se] belofte verwag, en in hulle sal regverdigheid woon.”—2 Petrus 3:5-7, 11-13.

Aangaande die tyd wanneer God se Koninkryk die enigste regering gaan wees wat heers, belowe die Bybel: “Die regverdiges sal die aarde besit en vir ewig daarop woon” (Psalm 37:29). Die regverdiges sal lewe op ’n gereinigde aarde geniet. Wat ’n wonderlike tyd sal dit tog nie wees nie! As jy dit nog nie gedoen het nie, kan jy gerus die seëninge ondersoek wat in die Bybel beskryf word en wat op die voorgaande bladsye verskyn.

Verbly dit nie jou hart om te weet dat ons Skepper sulke wonderlike dinge belowe tot voordeel van diegene wat hom aanbid nie? Dit was ongetwyfeld God se voorneme toe hy die eerste mensepaar geskep het en hulle in ’n aardse paradys geplaas het! Let op wat God vir hulle gesê het: “Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip.”—Genesis 1:27, 28.

Adam en Eva moes kinders voortbring, en wanneer hulle kinders ouer geword het, moes hulle help met die aangename werk om die aardse Paradys in stand te hou. Dink net aan die vreugde daarvan om die grense van die tuin van Eden uit te brei namate die mensegesin vermeerder het! Dit was ongetwyfeld God se voorneme dat die hele aarde ’n paradys moes word. Sal daardie voorneme ooit vervul word? Ons kan daarvan seker wees dat dit sal gebeur, want God self het dit belowe! Hy belowe: “Soos Ek dit gespreek het, . . . sal [Ek] dit ook doen.”—Jesaja 46:11; 55:11.

Sou jy daarvan hou om vir ewig in die aardse Paradys te lewe wat in die tekste beskryf word en op die voorgaande bladsye uitgebeeld word? Dit is te verstane dat almal nie toegelaat sal word om vir ewig te lewe nie. Daar is vereistes. Wat is die vereistes?

Voldoen aan die vereiste om vir ewig te lewe

In die eerste plek moet diegene wat in God se nuwe wêreld lewe, leer om mekaar lief te hê, net soos God ons leer. Die Bybel sê: “Julle word self deur God geleer om mekaar lief te hê” (1 Tessalonisense 4:9). Hoe leer God ons om dit te doen?

Dit is veral deur middel van sy geskrewe Woord, die Bybel. Dit beteken dat ons die leringe van God in die Bybel moet aanneem as ons vir ewig wil lewe. ’n Oosterse Bybelstudent het gesê: “Ek sien uit na die tyd wanneer alle mense geleer het om mekaar lief te hê, soos die Bybel belowe.”

In gebed tot sy Vader het Jesus ’n noodsaaklike vereiste geïdentifiseer. Hy het gesê: “Dít beteken die ewige lewe, dat hulle kennis inneem van u, die enigste ware God, en van die een wat u uitgestuur het, Jesus Christus” (Johannes 17:3). Die brosjure met 32 bladsye Wat vereis God van ons? sal jou help om hierdie kennis in te neem. As jy meer inligting wil hê oor hoe jy ’n eksemplaar van die brosjure kan bekom, kan jy gerus die koepon op bladsy 32 invul en dit stuur na Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740, Suid-Afrika, of na die gepaste adres op bladsy 5.

[Venster/Prente op bladsy 8-10]

Wat God belowe

’n Liefdevolle wêreldwye broederskap

‘God is nie partydig nie, maar in elke nasie is die mens wat hom vrees en regverdigheid beoefen vir hom aanneemlik.”—Handelinge 10:34, 35.

Nie meer misdaad of oorlog nie

“Maar die goddelose sal uit die land uitgeroei . . . word.”—Spreuke 2:22.

‘God laat oorloë ophou tot by die einde van die aarde.’—Psalm 46:10.

Volop heilsame voedsel om te eet

“Daar sal volop graan op die aarde wees; op die top van die berge sal daar ’n oorvloed wees.”—Psalm 72:16, NW.

Vrede tussen mense en diere

“Die wolf [wei] by die lam, en die luiperd gaan lê by die bokkie, . . . en ’n klein seuntjie sal hulle aanja.”—Jesaja 11:6.

Siekte, ouderdom en die dood word uit die weg geruim

“[God] sal elke traan van hulle oë afvee, en die dood sal daar nie meer wees nie, en ook verdriet en geskreeu en pyn sal daar nie meer wees nie. Die vorige dinge het verbygegaan.”—Openbaring 21:4.

’n Opstanding van afgestorwe dierbares op die aarde

“Die uur kom waarin almal wat in die gedenkgrafte is [Jesus se] stem sal hoor en sal uitkom.”—Johannes 5:28, 29.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel