Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g96 4/22 bl. 31
  • Christelike liefde te midde van rampe in Mexiko

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Christelike liefde te midde van rampe in Mexiko
  • Ontwaak!—1996
  • Soortgelyke materiaal
  • Iets wat geen storm kon wegspoel nie
    Ontwaak!—2003
  • Liefde lei tot ’n hegter band van eenheid
    Jehovah se Getuies—Verkondigers van God se Koninkryk
  • Skielike verwoesting!—Hoe het hulle dit te bowe gekom?
    Ontwaak!—1990
  • ’n Verenigde broederskap staan vas
    Ontwaak!—2001
Sien nog
Ontwaak!—1996
g96 4/22 bl. 31

Christelike liefde te midde van rampe in Mexiko

’NKOERANT van Mexikostad het berig: “Gedurende die afgelope 20 dae het natuurverskynsels—orkane en ’n aardbewing—die Mexikaanse kusstreke geteister en ’n spoor van dood en verwoesting agtergelaat.”—El Financiero, 17 Oktober 1995.

Vroeg in Oktober is die Mexikaanse state Campeche, Quintana Roo en Tabasco erg beskadig deur orkaan Opal. Byna 200 het gesterf, meer as 150 is beseer, 500 000 het verliese gely en duisende huise is beskadig of heeltemal verwoes.

Onmiddellik nadat die takkantoor van Jehovah se Getuies in Mexiko van die skade gehoor het, het hulle iemand gestuur om uit te vind hoe dit met die Getuies in die betrokke gebiede gaan. Daar is vasgestel dat meer as 2500 genoodsaak was om hulle huise te verlaat. Hulle is met oop arms in die huise van mede-Getuies ontvang.

Noodlenigingsentrums is georganiseer. Voedsel, klere en geld is aan die behoeftiges voorsien. Nadat die vloedwater gesak het, het die Getuies die huise van hulle Christenbroers begin herbou.

Op 9 Oktober het ’n geweldige aardbewing wat 7,6 op die Richterskaal gemeet het skade in die Mexikaanse state Colima en Jalisco aangerig. Agt Koninkryksale van Jehovah se Getuies is erg beskadig. Twaalf van hulle huise het ineengestort, en ongeveer 65 is beskadig. Ook hier is ’n noodlenigingskomitee georganiseer en is bystand verleen.

Toe het nog ’n aardbewing die land op 20 Oktober getref en die staat Chiapas geskud. Die huise van nog 88 Getuies is verwoes, en 38 huise is erg beskadig. Twee Koninkryksale is heeltemal verwoes en vier ander is erg beskadig. Om en by dieselfde tyd het oorstromings wat met orkaan Roxanne gepaardgegaan het die huise van sowat 80 Getuies in die staat Veracruz beskadig. Vier huise is heeltemal verwoes. ’n Noodlenigingsfonds wat deur Jehovah se Getuies gestig is, het ook gou in die behoeftes van hierdie slagoffers voorsien.

Hoewel party Getuies kneusplekke en beenbreuke opgedoen het, het nie een in hierdie natuurrampe omgekom nie. Daar is altesaam ongeveer 24 ton voedsel en 4 ton klere aan diegene gestuur wat hulp nodig gehad het. Baie waarnemers het hulle bewondering vir die noodlenigingswerk uitgespreek. ’n Vrou in Colima het gesê: “Ek het nog net gehoor dat Jehovah se Getuies besonder verenig is, maar nou kan ek dit met my eie oë sien.”

Mense het telkemale aangaande die Getuies en hulle noodlenigingswerk gesê: “Hulle is waarlik broers.” “Hulle is die groep wat die beste georganiseer is.” Daar is gehoor dat sommige selfs gesê het: “As al die noodlenigingsgroepe wat kom help het soos Jehovah se Getuies gewerk het, sou die hele dorp al skoon gewees het.”

Nou maak meer as 440 000 Getuies die goeie nuus van God se Koninkryk aan hulle mede-Mexikane bekend. Die liefde wat hulle tydens hierdie onlangse natuurrampe aan mekaar betoon het, het ’n kragtige getuienis gelewer.—Johannes 13:34, 35.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel