Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g95 7/8 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—1995
  • Soortgelyke materiaal
  • “Sit stil en let nou op!”
    Ontwaak!—1997
  • Bied die uitdaging die hoof
    Ontwaak!—1997
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1997
  • Hoe om ’n moeilike kind groot te maak
    Ontwaak!—1994
Sien nog
Ontwaak!—1995
g95 7/8 bl. 30

Van ons lesers

Moeilike kinders Dit was met opregte dankbaarheid dat ek die artikels van 22 November 1994 oor “Hoe om moeilike kinders te verstaan” gelees het. My seun het ATSH (Aandagtekortsteurnis met hiperaktiwiteit). Ek het jare lank gewonder wat ek verkeerd doen om so ’n uiters moeilike seun te hê. Ek het die Bybel saam met hom gestudeer en na al sy behoeftes omgesien, maar ek het elke dag daarteen opgesien om hom soggens wakker te maak en om hom later by die skool te gaan haal. Hopelik sal die inligting almal help wat te doen het met kinders wat ATSH het.

E. W., Verenigde State

Ek het ’n baie moeilike tienjarige seun. Met tye het ek al hulpeloos, terneergedruk, alleen en misverstaan gevoel. Baie, baie dankie vir die hoop wat julle my gegee het—en die talle praktiese wenke.

H. S., Suid-Afrika

Ek kon nie ophou huil terwyl ek die artikels gelees het nie. My seun het ATS (Aandagtekortsteurnis). Die lewe is vreeslik moeilik vir hierdie kinders. Tog verdien hulle om met waardigheid en bowenal met liefde behandel te word.

B. W., Verenigde State

Ses maande gelede het ons uitgevind dat ons seun ATSH het. Op tweejarige ouderdom is hy ’n regte woelwater, hy kan nie stilsit in Christelike vergaderinge nie, hy stoot ander, hardloop rond en is alewig besig om homself seer te maak. Party vermy ons, en selfs goeie vriende kan nie help om soms krenkende dinge te sê nie. Baie dankie dat julle die probleme op so ’n simpatieke manier beskryf het.

R. F., Duitsland

Ek is 15 jaar oud en het ATSH. Dit is baie bemoedigend om te weet dat Jehovah ons verstaan en kan help. Ek gebruik medisyne, en dit help baie. Ek kan beter op my skoolwerk, my werk by die huis en Bybelstudie konsentreer. Ek het die artikels waardeer omdat julle getoon het dat hierdie siekte iets werkliks is, en nie net die een of ander gier nie.

S. K., Verenigde State

Hierdie artikels het ons albei gehelp om ons gevoelens van onvermoë as ouers te verdryf. Welmenende vriende het aan die hand gedoen dat my seun, wat ATSH het, bederf is of “net ’n pak slae nodig het”. Die artikels kan sulke mense help om die moeilike posisie te verstaan waarin soveel ouers is.

T. G., Verenigde State

Skep werk Dankie vir die artikel “Hoe om in ontwikkelende lande werk te skep” (22 Oktober 1994). Ek is op die oomblik op skool en beplan om ’n pionier (voltydse evangeliedienaar) te word wanneer ek die skool verlaat. Die grootste probleem sal wees om werk te kry. Tot nou toe wou ek ’n sittende werk gehad het waar dit nie nodig sou wees om my fisies in te span nie, maar ek het my geskaam toe ek uitvind hoe my Christenbroers in ontwikkelende lande enige werk doen wat hulle kan. Nou sal ek enige werk doen wat my toelaat om te pionier.

J. T., Japan

1914 Ek het so pas julle artikels “1914—Geweerskote wat ons wêreld steeds skud” (8 November 1994) gelees. Ek wil graag sê dat ek nog nooit inligting oor so ’n omstrede onderwerp gelees het wat so duidelik en eenvoudig was nie. Die skole in my land bespreek nie die geskiedenis van die wêreldoorloë breedvoerig nie, maar dit het groot waarde om ’n begrip van hierdie onderwerp te verkry as ’n mens wêreldgebeure wil verstaan.

W. S., Venezuela

Blokkiesraaisels Ek wil graag noem hoe baie ek julle blokkiesraaisels geniet, veral die een in die nommer van 8 Desember 1994. Dit spoor my aan om addisionele Bybelnavorsing te doen. Die leidrade word op so ’n manier geskryf dat ek gedwing word om die teksverwysing na te slaan—al ken ek reeds die antwoord. Dankie vir daardie heilsame en genotvolle blokkiesraaisels!

D. S., Verenigde State

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel