Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g95 7/8 bl. 27
  • ’n Waarskuwing aan lomerige bestuurders

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Waarskuwing aan lomerige bestuurders
  • Ontwaak!—1995
  • Soortgelyke materiaal
  • Motorongelukke—Is jy veilig?
    Ontwaak!—2002
  • Moet ek ophou bestuur?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2025
  • Hoe om motorongelukke te voorkom
    Ontwaak!—2011
  • Vermoeidheid—’n Onsigbare strik vir vragmotorbestuurders
    Ontwaak!—1997
Sien nog
Ontwaak!—1995
g95 7/8 bl. 27

’n Waarskuwing aan lomerige bestuurders

DIT veroorsaak elke jaar ongeveer 600 000 ongelukke en 12 000 sterftes op die hoofweë in die Verenigde State. Dit dra die skuld vir 40 persent van die noodlottige ongelukke in onlangse jare op die New York-staat-deurpad. Al hierdie verwoesting is aangerig deur mense wat onder die invloed bestuur het, nie van dwelms of alkohol nie, maar van lomerigheid. Party deskundiges meen dat die oorsaak van die probleem nie in slaapafwykings, soos asemstilstand of slaaploosheid, lê nie, maar bloot in die lewenswyse van die negentigerjare. “Amerikaners het ’n groter slaaptekort as ’n paar jaar gelede”, sê dr. William Dement van die Universiteit van Stanford se Slaapnavorsingsentrum. Dave Willis, uitvoerende direkteur van die Amerikaanse Outomobiel-assosiasie se Vereniging vir Verkeersveiligheid, sê: “Mense is eenvoudig besig om die kers aan twee kante te brand.”

Wat veral kommerwekkend is, is die feit dat talle lomerige bestuurders insluimer en weer wakker word sonder dat hulle dit besef. ’n “Mikroslapie”, soos deskundiges dit noem, kan maar ’n paar sekondes duur, maar die gesamentlike uitwerking kan skrikwekkend wees. “Ek onthou dat ek verby afrit 17 gery het en toe weer tekens vir afrit 21 gesien het”, vertel een bestuurder. “Ek het gedink: Waar was ek vir die afritte tussenin? Jy besef dis ’n wonderwerk dat jy selfs gekom het waar jy is.”

Die beste manier om teen bestuurvermoeidheid te veg, is om stil te hou en te rus. ’n Slapie van 10 tot 20 minute op ’n veilige plek is dalk al wat nodig is. Wat selfs beter is, is om realisties te wees wanneer jy ’n reis beplan. Moenie meer afstand probeer aflê as wat jy kan hanteer nie. Jy moet ook jou liggaam se ingeboude horlosie respekteer deur lang ure van nagbestuur te vermy en deur genoeg slaap te kry voordat jy ’n rit aanpak. Maar die belangrikste is om nooit die gevaar te onderskat van bestuur wanneer jy lomerig is nie. Mark Hammer van New York se Instituut vir die Bestuur en Navorsing van Verkeersveiligheid sê: “[Dit] is net so sleg soos om vyf drankies te maak en dan in die motor te klim.”

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel