Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g93 1/22 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—1993
  • Soortgelyke materiaal
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1993
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1993
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1993
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1993
Sien nog
Ontwaak!—1993
g93 1/22 bl. 30

Van ons lesers

Grootouers Die artikels “Jongmense vra . . .” in die nommers van 8 Julie en 22 Julie 1992 het gehandel oor grootouers wat by hulle kinders intrek. My ouma het ná haar man se dood by ons ingetrek. Sy het my en my vyf broers en susters versorg terwyl Ma en Pa gewerk het; ons het baie geheg geraak aan mekaar. Noudat Ouma nie meer vir haarself kan sorg nie, het ek die voorreg om ’n bietjie terug te gee van wat sy vir my gegee het. Dit is nie altyd maklik nie, aangesien ek ’n gesin het om te versorg, en ek is nie te gesond nie. Maar ek voel goed omdat ek vir haar sorg. Ja, talle positiewe dinge kan gebeur wanneer ’n grootouer by die kinders intrek!

B. M., Verenigde State

Kinderopvoeding Dankie vir die artikels oor “Kinderopvoeding in ’n onsedelike wêreld” (22 Junie 1992). Julle het gewaarsku teen bedrieërs wat in die gemeente insluip en sê dat hulle Christene is. So ’n jongman het ons jong dogter verlede jaar ’n dwelmmiddel ingegee en haar verkrag. Hy het die Bybel saam met ’n lid van ons gemeente studeer. Hoewel die howe hom skuldig bevind het, het dit ’n verpletterende uitwerking op ons gesin gehad. Ons hoop dat alle Christenouers hierdie tydige artikels met hulle kinders sal studeer en hulle sal waarsku om nie diegene wat lyk of hulle in die Bybel belangstel te veel te vertrou nie.

K. V., Verenigde State

Hierdie tydskrif het my laat besef hoeveel inspanning dit van ons ouers verg om ons in die vrees van God groot te maak. Ek het persoonlik baat gevind by die artikel “Help hulle om ’n huweliksmaat verstandig te kies”. Ek is net 16 en stel nie nou daarin belang om te trou nie. Maar ek is seker dat ek in die toekoms by hierdie praktiese raad sal baat vind.

N. G., Italië

Death-Metal-musiek Baie dankie vir die artikel “Death Metal—Wat is die boodskap?” (8 Julie 1992). Heavy-metal- sowel as rap-musiek is baie gewild in my skool. Enigeen wat nie van hierdie soort musiek hou nie, word gespot. Die artikel het dit vir my makliker gemaak om nee te sê en om te verduidelik waarom ek nie van hierdie musiek hou nie. Baie dankie.

M. F., Duitsland

Openbare redevoering Ek wil net ’n paar opmerkings maak oor die artikel “Jy kan voor ’n gehoor praat!” (22 Julie 1992). Ek was altyd skaam. Op skool kon ek selde die klas toespreek, en ek het eindelik weens my vrese die skool verlaat. Maar nadat ek ’n Christen geword het, het ek by die Teokratiese Bedieningskool aangesluit en móés ek ’n gehoor toespreek. Dit was nie maklik nie, maar deur gebed en ’n begeerte om my probleem te bowe te kom, het ek geleidelik verbeter. Ek voel nog skugter, maar ek het al selfs groot gehore by byeenkomste van Jehovah se Getuies toegespreek!

A. H., Brasilië

Verbeter jou geheue Net voordat ek die artikel “Hoe om jou geheue te verbeter” (22 Julie 1992) gelees het, het ek besef dat ek al weer vergeet het om iets te koop terwyl ek inkopies gedoen het. Die artikel het op ’n aantal hulpmiddele gewys om ’n mens se geheue te oefen, soos om ’n gedagtebeeld te vorm. Die voorbeeld van ’n voorstelling van ’n koei wat haar tande borsel wanneer ’n mens melk en tandepasta moet koop, was veral komieklik. In die toekoms sal ek hierdie metodes gebruik en hopelik van my inkopielys ontslae kan raak.

E. B., Duitsland

Van ons lesers Baie dankie vir die rubriek “Van ons lesers”. Pleks dat dit ’n mengelmoes van verklarings is wat gekies is om julle beskouing te steun, is dit ’n samevatting van hartroerende menslike ervaringe. Die gewilligheid waarmee julle die lesers se kritiek en soms die redakteur se regstellings publiseer, is ’n duidelike bewys van julle nederigheid.

C. Q., Italië

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel