Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g90 12/22 bl. 24
  • Bome wat diewe straf

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bome wat diewe straf
  • Ontwaak!—1990
  • Soortgelyke materiaal
  • Kan ’n heidense vakansiedag Christelik gemaak word?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
  • Wat het geword van die tradisionele Kersfees?
    Ontwaak!—1993
  • Moet jy Kersfees vier?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Wat beteken Kersfees vir jou?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
Sien nog
Ontwaak!—1990
g90 12/22 bl. 24

Bome wat diewe straf

In sommige lande word die Kersboom as onontbeerlik vir die viering van Kersfees beskou, maar nie almal wat ’n boom wil hê, is bereid om daarvoor te betaal nie. Parke en die landskappe langs baie van die hoofweë in die Verenigde State word deur boomdiewe gestroop. Diewe, wat op soek is na die ideale dennebome, kap hulle af en sleep hulle weg ongeag wie die grond besit.

Sommige state het die stryd teen hulle aangeknoop. Gedurende verlede jaar se Kersseisoen het owerhede in verskeie noordelike gebiede begin om party bome met ’n spesiale chemikalie te spuit. Dit is nie merkbaar in die koue buitelug nie, maar sodra die boom veilig in die dief se warm voorhuis is, maak die chemikalie sy teenwoordigheid bekend. Volgens The Wall Street Journal stink dit “soos ’n kunsmisfabriek”.

Die direkteur van parke vir Monroe, Connecticut, skat dat die dorp deur die jare heen honderde bome weens diefstal verloor het. Maar diefstal het afgeneem vandat dorpsamptenare kennisgewings in die plaaslike koerant geplaas het wat voornemende diewe waarsku dat die bome wat so aanloklik voorkom in werklikheid stinkbomme is.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel