Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwwd artikel 15
  • Die kat se tong

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die kat se tong
  • Is dit ontwerp?
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Kykie na die sku woestynkat
    Ontwaak!—2013
  • ’n Rekenaar wat dwarsdeur jou kyk
    Ontwaak!—1990
  • Wanneer katte wild word
    Ontwaak!—2004
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1993
Sien nog
Is dit ontwerp?
ijwwd artikel 15
’n Kat wat een van sy pote lek.

IS DIT ONTWERP?

Die kat se tong

Huiskatte is bekend daarvoor dat hulle hulleself gereeld skoonmaak. Hulle spandeer dalk amper ’n kwart van die tyd wat hulle wakker is, om hulleself skoon te hou. Die rede hoekom hulle hulleself so goed kan skoonmaak, is as gevolg van die ongelooflike manier waarop hulle tong gemaak is.

Dink hieraan: Die kat se tong is met 290 papille bedek. Dit is klein uitsteeksels wat agtertoe wys en so hard soos jou vingernael is. Elke papil het ’n groef wat dadelik speeksel optel wanneer die kat sy tong in sy mond terugtrek. Terwyl die kat sy pels lek, dring die papille deur die pels en stel dit speeksel vry op die kat se vel.

’n Vergroting van die papille

Die kat se tong kan elke dag omtrent 48 milliliter speeksel na sy vel en pels oordra. Hierdie speeksel bevat ensieme wat besoedelstowwe afbreek. Terwyl die speeksel verdamp, help dit ook om die kat se liggaam af te koel. Dit is baie belangrik omdat katte nie baie sweetkliere het nie.

As die kat se hare gekoek is, kan die papille op die kat se tong dieper draai in die kat se hare. Dit is dan sterk genoeg om die gekoekte hare los te maak. Die punte van die papille kan ook die kat se vel stimuleer wanneer die kat homself skoonmaak. Navorsers het die kenmerke van die kat se tong nageboots toe hulle ’n eksperimentele haarborsel gemaak het. Met hierdie borsel het ’n mens minder fisiese krag nodig om hare te borsel, en dit kan makliker skoongemaak word. Dit kan ook gekoekte hare losmaak. Navorsers glo dat die kat se tong hulle kan inspireer om beter maniere te ontwikkel om harige en wollerige oppervlakke skoon te maak. Dit kan ook gebruik word om metodes te verbeter om room of medikasie aan vel wat met hare bedek is, te sit.

Wat dink jy? Het die kat se tong deur evolusie ontstaan? Of is dit ontwerp?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel