Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • yb15 bl. 24-27
  • Die grootste samekoms van Jehovah se Getuies

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die grootste samekoms van Jehovah se Getuies
  • 2015 Jaarboek van Jehovah se Getuies
  • Soortgelyke materiaal
  • Jehovah se getuies—die organisasie agter die naam
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • ’n Nuwe video om Bybelstudies te begin
    Ons Koninkryksbediening—2014
  • Byeenkomsprogramme wat “gehoor en gesien” word
    Hoe jou donasies gebruik word
  • “Dis so ’n vars benadering!”
    Ontwaak!—2016
Sien nog
2015 Jaarboek van Jehovah se Getuies
yb15 bl. 24-27
Prent op bladsy 24

GLANSPUNTE VAN DIE AFGELOPE JAAR

Die grootste samekoms van Jehovah se Getuies

OP Saterdag 5 Oktober 2013 het ’n gehoor van 257 294 in 21 lande die 129ste jaarvergadering van die Wagtoring- Bybel- en Traktaatgenootskap van Pennsilvanië persoonlik of deur middel van ’n regstreekse webuitsending bygewoon. Later daardie naweek het nog Getuies na ’n opname van die program gekyk. Die totale bywoningsyfer was 1 413 676 in 31 lande—die grootste samekoms van Jehovah se Getuies tot nog toe.

Vanaf die 1920’s het Jehovah se Getuies dit vir internasionale gehore moontlik gemaak om na hulle streekbyeenkomsprogramme te luister deur middel van telefoonverbindings sowel as groot radionetwerke. Nou stel Internettegnologie selfs mense in afgeleë plekke in staat om programme te hoor en te sien terwyl dit plaasvind of kort daarna.

Lede van etlike takkantore het meer as ’n jaar lank aan reëlings vir die webuitsending gewerk. Op die naweek van die webuitsending het tegnici die program vanaf ’n beheersentrum in Brooklyn, New York, gemonitor en dag en nag gewerk terwyl dit by vergaderplekke in 15 tydsones vertoon is.

Vinnige feite—Plekke waar gehore na die webuitsending kon kyk

  • Vernaamste: Byeenkomssaal van Jehovah se Getuies in die stad Jersey, New Jersey, VSA Bywoningsyfer: 4 732

  • Grootste: Perth, Australië Bywoningsyfer: 7 186

  • Noordelikste: Fairbanks, Alaska, VSA Bywoningsyfer: 255

  • Suidelikste: Invercargill, Nieu-Seeland Bywoningsyfer: 190

  • Verste: Perth, Australië, wat omtrent 18 700 kilometer van die stad Jersey is

Hoe ’n webuitsending werk

  1. Etlike videokameras neem die program op.

  2. Video-opnames word na ’n menger gestuur, en die beste opname van elke toneel word gekies.

  3. Die gekose videosein word dan na ’n rekenaar in die beheersentrum gestuur.

  4. Videostrome met ’n lae, gemiddelde en hoë resolusie van die program word geskep.

  5. Die videostrome word in grepe van tien sekondes verdeel.

  6. Die grepe word deur ’n netwerk van webbedieners oor die Internet na verskillende plekke gestuur.

  7. ’n Toestel by elke plek laai die grepe van die webbediener af en plaas dit in sy geheue-area, of buffer. Daarna voeg dit die grepe weer saam om ’n ononderbroke video te maak.

  8. Die gehoor sien en hoor die program.

Diagram op bladsy 26, 27
    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel