Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • yb14 bl. 112-113
  • Geheime organisasies

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Geheime organisasies
  • 2014 Jaarboek van Jehovah se Getuies
2014 Jaarboek van Jehovah se Getuies
yb14 bl. 112-113

SIERRA LEONE EN GUINEE

Geheime organisasies

GEHEIME organisasies is algemeen regoor Wes-Afrika, en lede kom uit verskillende stamme, kulture en taalgroepe. Hierdie organisasies reguleer die sosiale, opvoedkundige en politieke bedrywighede van hulle lede. Maar hulle vernaamste rol is godsdienstig. Twee van die grootste geheime organisasies is die Poro (vir mans) en die Sande (vir vroue).a Die Poro streef byvoorbeeld daarna “om die geeste te beheer en te verseker dat hulle ingryping in die sake van mans voordelig is”.​—Initiation, 1986.

Volbladillustrasie op bladsye 112, 113

Nuwe lede van die Poro word spiritistiese geheime en toorkragte geleer, en ritualistiese littekens word op hulle liggaam gesny. Nuwe lede van die Sande leer ook spiritistiese ritusse en ondergaan gewoonlik vroulike genitale verminking, hoewel hierdie gebruik in party gebiede nie meer so algemeen is nie.

Ander geheime organisasies reguleer seksuele gedrag en gebruik spiritistiese rate om waansin of ander kwale te probeer genees. Gedurende Sierra Leone se burgeroorlog het een geheime organisasie beweer dat sy lede immuun is teen koeëls. Hulle was nie.

Lede mag nie die groep se kennis en ritusse aan buitestanders bekend maak nie. Iemand wat die wette en protokol van ’n geheime organisasie verontagsaam, plaas sy lewe op die spel.

a In party gebiede staan die Sande bekend as die Bondo.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel