Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • yb14 bl. 78-81
  • Sierra Leone en Guinee

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Sierra Leone en Guinee
  • 2014 Jaarboek van Jehovah se Getuies
2014 Jaarboek van Jehovah se Getuies
yb14 bl. 78-81
Volbladillustrasie op bladsye 78, 79

Sierra Leone en Guinee

OMTRENT 500 jaar gelede het ’n klein kapokboom naby die mond van die Sierra Leone-rivier wortelgeskiet. Oor die volgende 300 jaar het die boom groot geword terwyl tragiese gebeure voor hom afgespeel het. Genadelose slawehandelaars het byna 150 000 mans, vroue en kinders na oorsese slawemarkte verskeep.

Prent op bladsy 81

Freetown se geskiedkundige kapokboom

Op 11 Maart 1792 het honderde vrygelate slawe uit Amerika onder hierdie kapokboom bymekaargekom om hulle terugkeer na Afrika te vier. Daardie dag het hulle ’n nedersetting gestig wat hulle innigste hoop beliggaam het—Freetown. Vrygelate slawe het bly aankom totdat die nedersetting meer as 100 verskillende Afrikagroepe ingesluit het. Hierdie nuwe burgers het die kapokboom aangeneem as ’n simbool van vryheid en hoop.

Jehovah se Getuies in Sierra Leone vertroos hulle bure al byna 100 jaar lank met die hoop op ’n baie wonderliker vryheid—“die glorieryke vryheid van die kinders van God” (Rom. 8:21). Hierdie vryheid sal bevryding van slawerny aan sonde en die dood beteken wanneer God se Messiaanse Koninkryk vrede en paradystoestande op die aarde teweegbring.​—Jes. 9:6, 7; 11:6-9.

Die takkantoor van Jehovah se Getuies in Sierra Leone hou die afgelope 50 jaar ook toesig oor die predikingswerk in Guinee. Hierdie buurland het politieke, maatskaplike en ekonomiese omwentelinge ondervind, wat baie burgers beweeg het om die Bybel se hartverblydende boodskap aan te neem.

Jehovah se Getuies in Sierra Leone en Guinee het die goeie nuus ten spyte van tallose struikelblokke verkondig. Dit sluit fisiese ontberinge, uiterste armoede, wydverspreide ongeletterdheid, diepgewortelde tradisies, etniese verdeeldheid en verskriklike geweld in. Die verslag wat volg, getuig van die onwrikbare geloof en toegewydheid van hierdie lojale knegte van Jehovah. Ons is seker dat hierdie verhaal jou hart sal raak en jou geloof in “die God wat hoop gee”, sal versterk.​—Rom. 15:13.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel