Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w26 Junie bl. 32
  • Visnette in Bybeltye

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Visnette in Bybeltye
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2026
  • Soortgelyke materiaal
  • Wees vissers van mense
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • Vier dissipels sal vissers van mense wees
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Vier dissipels word geroep
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • Vier dissipels word geroep
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2026
w26 Junie bl. 32

BYBELFEIT

Visnette in Bybeltye

Bybellesers onthou dalk dat party van Jesus se volgelinge vissermanne was (Mark. 1:​16-20). Hulle het nette gebruik wanneer hulle op die See van Galilea gaan visvang het.

Visnette is gemaak deur tou of linnedraad te knoop om iets te maak wat soos ’n web met baie gate lyk. As ’n visserman klein visse wou vang, het hy ’n net met klein gate gebruik. As hy groter visse wou vang, het hy ’n net met groter gate gebruik. Klein nette het dikwels lood of klippe as gewigte gehad om dit te laat sink, terwyl groot sleepnette gewigte aan die onderkant gehad het, en hout of kurke aan die bokant om dit te laat dryf.

Visnette was duur. Dit kon deur rotse op die seebodem beskadig word of deur die gewig van ’n groot vangs geskeur word (Luk. 5:6). Die Bybel sê dat Jakobus en Johannes “hulle nette reggemaak het” – moontlik deur ’n naald en garing te gebruik (Matt. 4:21). Vissermanne het dalk hierdie herstelwerk gedoen elke keer nadat hulle die net gebruik het. Lukas beskryf ook hoe vissermanne “besig [was] om hulle nette af te was” om enige modder daarvan af te kry (Luk. 5:2). Daarna het vissermanne hulle nette opgehang om dit te laat droog word – moontlik om te keer dat dit vrot. – Eseg. 47:10.

Jesus het mans genooi wat geweet het hoe om nette te gebruik om “vissers van mense” te word.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel