BYBELKARAKTER
Manaen – Stel geestelike dinge eerste
Manaen was onder dié wat die leiding in die eerste-eeuse gemeente in Antiogië geneem het. Hy het “saam met Herodes, die distriksheerser, opleiding ontvang” (Hand. 13:1). So Manaen was hooggeleerd en het moontlik in ’n ryk gesin grootgeword.
Ten spyte van sy agtergrond het Manaen gekies om ’n Christen te word en om die gemeente te ondersteun. Hy het nie sy opvoeding of die feit dat hy magtige mense geken het, gebruik om homself te bevoordeel nie. Hy het eerder sy broers gedien.
Manaen se voorbeeld wys dat dit belangriker is om Jehovah te dien as om ’n wêreldse status na te streef. Soos vir Manaen moet geestelike aktiwiteite vir ons belangriker wees as om wêreldse dinge na te streef (Matt. 6:33). En al is opvoeding vir ons belangrik, maak ons “seker . . . van die belangriker dinge” en sorg ons dat sekulêre dinge nie inmeng met ons aanbidding van Jehovah nie. – Fil. 1:9, 10.