STUDIEWENK
Visualiseer Bybelverslae
Die Bybel bevat baie geskiedkundige verslae wat belangrike lesse leer. As ons hierdie verslae visualiseer, kan ons beter verstaan wat ons lees en meer daarby baat vind. Kyk na ’n paar wenke wat jou kan help om Bybelverslae te visualiseer.
Lees hardop. Om die Bybel hardop te lees, kan jou help om ’n duideliker prentjie te kry van wat gebeur. Wanneer julle die Bybel as ’n gesin saam lees, kan julle die verslag lewendig maak deur elke persoon aan te wys om ’n ander karakter te lees.
Stel jou die tonele voor. Probeer verstaan wat die karakters in die verslag gedink het en hoe hulle gevoel het. Byvoorbeeld, vra jouself: ‘Hoekom het die persoon op daardie manier gepraat of opgetree? Wat sou ek gedink het of hoe sou ek gevoel het as ek in daardie situasie was?’
Teken of skets. Om Bybeltonele te skets, kan jou help om die verslae beter te visualiseer en te onthou, al is jou skets nie ’n kunswerk nie.