27 APRIL–3 MEI
JESAJA 56-57
Lied 12 en gebed | Inleidende kommentaar (1 min.)
1. Ons is bly om Jehovah as ons God te hê
(10 min.)
Afgode kan nie dié red wat hulle vir hulp vra nie (Jes 57:13; ip-2 269 ¶14-16)
Mense wat Jehovah nie dien nie, is rusteloos en verdeeld (Jes 57:20; w18.06 7 ¶16; it “Aarde” ¶21-mwbr)
Daar is geen vrede vir die goddeloses nie (Jes 57:21; it “Vrede” ¶3-mwbr)
VRA JOU AF: Hoe maak ’n goeie verhouding met Jehovah my lewe beter?
2. Geestelike skatte
(10 min.)
Jes 56:6, 7 – Hoe is hierdie profesie besig om waar te word? (w07 1/15 10 ¶3; w06 11/1 27 ¶1)
Watter geestelike skatte het jy in hierdie week se Bybelleesgedeelte gekry wat jy graag wil deel?
3. Bybelleesgedeelte
(4 min.) Jes 56:4-12 (th studie 5)
4. Begin ’n gesprek
(3 min.) INFORMELE GETUIENISWERK. Vertel vir die persoon iets wat jy onlangs by ’n vergadering geleer het (lmd les 2: Punt 4).
5. Verduidelik wat jy glo
(5 min.) Toespraak. ijwbq artikel 90 – Tema: Is dit nodig om aan ’n georganiseerde godsdiens te behoort? (th studie 16)
6. Maak dissipels
(4 min.) lff les 19: Punt 4 (lmd les 11: Punt 3)
Lied 58
7. Moet nooit ophou om oor Jehovah te praat nie
(15 min.) Bespreking.
Sonder Jehovah het mense geen betroubare leiding, geen bevredigende doel in die lewe en geen ware hoop nie. Maar baie verwerp nog steeds die Koninkryksboodskap sonder om te weet hoe baie die waarheid hulle sal help. Hieronder is ’n paar redes hoekom ons nie mismoedig word of opgee selfs wanneer mense nie luister nie. – Pr 11:6.
Ons gebied verander die heeltyd. Huisbewoners wat nie belanggestel het nie trek dalk weg, en die nuwe mense wat daar bly is dalk bereid om te luister
’n Ander persoon maak dalk die deur oop. ’n Bejaarde ouer, ’n kind wat nou ’n volwassene is, ’n nuwe kamermaat of iemand wat daar kuier, maak dalk die deur oop
Mense verander (1Ti 1:13). Wêreldtoestande wat al hoe erger word of iets verskrikliks wat in iemand se lewe gebeur het, kan hom meer gewillig maak om te luister
Ons wys ons liefde vir Jehovah deur aan te hou preek. – Lu 6:45; 1Jo 5:3
Speel die VIDEO Jehovah ‘is nie ver van ons af nie’. Vra dan vir die gehoor:
Watter lesse het jy geleer oor hoekom dit belangrik is om aan te hou preek?
8. Gemeentelike Bybelstudie
(30 min.) lfb les 80-81