Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mwb19 Augustus bl. 8
  • Goeie werke wat nie vergeet word nie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Goeie werke wat nie vergeet word nie
  • Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2019
  • Soortgelyke materiaal
  • Kan dit die beste loopbaan vir jou wees?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
  • Kan jy jou beskikbaar stel?
    Ons Koninkryksbediening—2001
  • Betheldiens—Meer vrywilligers is nodig
    Ons Koninkryksbediening—1995
  • Beskou die “Huis van God” met waardering
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
Sien nog
Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2019
mwb19 Augustus bl. 8
’n Suster werk in die kombuis by Bethel

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Goeie werke wat nie vergeet word nie

Al Jehovah se knegte kan ’n rekord van goeie werke in heilige diens aan ons God opbou. Net soos ’n liefdevolle ouer wat nooit die goeie dinge wat sy kinders doen, vergeet nie, sal Jehovah ook nie ons werk en die liefde wat ons vir sy naam toon, vergeet nie (Mt 6:20; Heb 6:10). Ons almal het natuurlik verskillende vermoëns en omstandighede. Maar as ons ons bes doen in ons diens aan Jehovah, kan ons gelukkig wees (Ga 6:4; Kol 3:23). Oor die jare heen het duisende broers en susters by Bethel gedien. Kan jy as ’n vrywilliger by Bethel dien? As dit nie moontlik is nie, kan jy dalk iemand anders aanmoedig om dit te doen of ’n lid van die Bethelgesin help om op hierdie spesiale manier te bly dien?

KYK NA DIE VIDEO MAAK JOU BESKIKBAAR OM BY BETHEL TE DIEN, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • Wat moet die rede wees waarom iemand by Bethel wil dien?

  • Wat het party gesê oor die seëninge wat hulle ontvang het omdat hulle by Bethel dien?

  • Wat is die vereistes om by Bethel te dien?

  • Hoe kan jy vir Betheldiens aansoek doen?

Drie Betheliete werk saam aan ’n projek by ’n rekenaar; ’n broer pak lektuur in bokse; ’n broer doen houtwerk by Bethel

Vereistes vir Betheldiens

  • Sterk liefde vir Jehovah en sy organisasie

  • Hoë sedelike standaarde en ’n skoon gewete voor Jehovah

  • Kleredrag en persoonsversorging wat gepas is vir ’n Christenbedienaar

  • Keuse van vermaak wat gepas is vir ’n Christen

  • Gewoonlik tussen 19 en 35 jaar oud

  • Goeie verstandelike, emosionele en fisiese gesondheid

  • Vermoë om die hooftaal van die tak goed te kan lees, skryf en praat

  • Bereidheid om ten minste een jaar te bly

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel