12-18 November
HANDELINGE 1-3
Lied 104 en gebed
Inleidende kommentaar (3 min. of minder)
SKATTE UIT GOD SE WOORD
“Heilige gees word op die Christengemeente uitgestort”: (10 min.)
[Speel die video Inleiding tot Handelinge.]
Han 2:1-8, 14, 37, 38, 41 — Nadat Jesus se dissipels heilige gees ontvang het, het hulle ’n getuienis gegee wat daartoe gelei het dat omtrent 3 000 mense gedoop is
Han 2:42-47 — Jesus se dissipels was so vrygewig en gasvry dat dié wat in Jerusalem was en wat kort tevore gedoop is langer daar kon bly en hulle geloof kon versterk (w86 12/1 29 ¶4-5, 7)
Soek na geestelike skatte: (8 min.)
Han 3:15 — Hoekom word Jesus “die Hoofbewerker van die lewe” genoem? (it-2-E 61 ¶1)
Han 3:19 — Hoe beskryf hierdie vers die manier waarop Jehovah berouvolle sondaars vergewe? (cl 265 ¶14)
Wat het hierdie week se Bybelleesgedeelte jou oor Jehovah geleer?
Watter ander geestelike skatte het jy in hierdie week se Bybelleesgedeelte ontdek?
Bybelleesgedeelte: (4 min. of minder) Han 2:1-21
LÊ JOU TOE OP DIE VELDBEDIENING
Eerste besoek: (2 min. of minder) Gebruik die voorgestelde gesprek.
Eerste herbesoek, video: (5 min. Speel en bespreek die video.
Toespraak: (6 min. of minder) it-1-E 129 ¶2-3 — Tema: Hoekom is Judas vervang terwyl die apostels wat getrou gesterf het, nie vervang is nie?
DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
“Ons werk saam om in veeltalige gebied te preek”: (15 min.) Bespreking deur die diensopsiener. Speel en bespreek die video. Verduidelik die plaaslike reëlings vir wanneer daar in veeltalige gebied gewerk word.
Gemeentelike Bybelstudie: (30 min.) lv hfst. 16 ¶1-8
Hersiening gevolg deur ’n oorsig van volgende week se vergadering (3 min.)
Lied 68 en gebed