Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir September en Oktober: Die Wagtoring en Ontwaak! November en Desember: Wat leer die Bybel werklik? of enige traktate wat die gemeente in voorraad het. Gemeentes wat ou traktate in voorraad het, moet hulle bes doen om hierdie traktate te versprei en moet dit nie in voorraad hou nie.
◼ Die spesiale openbare toespraak vir die 2015-Gedenkmaalseisoen sal gehou word gedurende die week van 6 April. Die tema van die toespraak sal later aangekondig word. Gemeentes wat daardie naweek ’n kringbesoek of ’n byeenkoms het, sal die spesiale toespraak die volgende week hê. Geen gemeente moet die spesiale toespraak voor 6 April hê nie.
◼ Vanaf September sal kringopsieners die openbare toespraak hou met die tema “Hoe goddelike wysheid ons tot voordeel strek”.