Hersiening van die Teokratiese Bedieningskool
Die volgende vrae sal gedurende die week wat begin met 30 Junie 2014, tydens die Teokratiese Bedieningskool bespreek word.
Waarom is die beginsel in Eksodus 23:2 so belangrik wanneer dit by jou keuse van vermaak en ontspanning kom? [5 Mei, w11 7/15 bl. 10-11 par. 3-7]
Hoe ernstig was die gebod wat vereis het dat priesters was voordat hulle offerandes aan Jehovah bring, en hoe dien dit as ’n kragtige herinnering vir God se hedendaagse knegte? (Eks. 30:18-21). [19 Mei, w96 7/1 bl. 9 par. 9]
Waarom is Aäron nie gestraf omdat hy die goue kalf gemaak het nie? (Eks. 32:1-8, 25-35). [19 Mei, w04 3/15 bl. 27 par. 4]
Hoe hou die Christelike beskouing van hofmakery en die huwelik verband met God se gebod dat die Israeliete nie met aanbidders van ander gode moes trou nie? (Eks. 34:12-16). [26 Mei, w89 11/1 bl. 20-21 par. 11-13]
Waarom is die ondervinding van Besaleël en Oholiab vir ons besonder aanmoedigend? (Eks. 35:30-35). [26 Mei, w10 9/15 bl. 10 par. 13]
Watter herinnering voorsien “die heilige toewydingsteken” op die tulband wat die Israelitiese hoëpriester gedra het, en wat leer hierdie teken ons oor toewyding? (Eks. 39:30). [2 Jun., w01 2/1 bl. 14 par. 2-3]
Watter verantwoordelikheid het alle Christene om die ernstige oortreding van ’n mede-Christen aan te meld? (Lev. 5:1). [9 Jun., w97 8/15 bl. 27]
Watter belangrike rol het gemeenskapsoffers in die tyd van Israel gespeel, en wat simboliseer hierdie voorsiening vandag vir ons? (Lev. 7:31-33). [16 Jun., w12 1/15 bl. 19 par. 11-12]
Wat was moontlik betrokke by die sonde van Aäron se seuns Nadab en Abihu, en watter lesse leer ons uit hierdie verslag? (Lev. 10:1, 2, 9). [23 Jun., w04 5/15 bl. 22 par. 6-8]
Waarom was ’n vrou “onrein” nadat sy geboorte gegee het? (Lev. 12:2, 5). [23 Jun., w04 5/15 bl. 23 par. 2]