Velddiensglanspunte
In Maart het Namibië ses nuwe hoogtepunte gehad: 2 072 verkondigers; 237 gewone pioniers; 56 240 uur; 21 242 herbesoeke; 4 527 Bybelstudies; en ’n Gedenkmaalbywoning van 7 277. Suid-Afrika het ook ses nuwe hoogtepunte gehad: 95 688 verkondigers; 9 800 gewone pioniers; 598 680 herbesoeke; 138 365 Bybelstudies; en ’n Gedenkmaalbywoning van 222 248. Ons is verheug dat 22 664 verkondigers in die gebied wat onder die Suid-Afrikaanse takkantoor val, gedurende Maart hulppionierdiens gedoen het. Wel gedaan, broers en susters! Julle het ons gebied met die goeie nuus vervul.—Hand. 5:28.