Velddiensglanspunte
Die predikingswerk vorder goed in die bergkoninkryk Lesotho. Sedert September 2012 is 126 nuwe dissipels gedoop. In Desember het 3 900 verkondigers velddiens gerapporteer, wat in vergelyking met die vorige jaar se gemiddelde ’n vermeerdering van 7 persent is. Hulle het 6 347 Bybelstudies gehou, wat toon dat die lande wit is vir die oes. Ons is saam met ons broers in Lesotho verheug dat soveel opregtes van hart na Jehovah se berg van ware aanbidding stroom.—Jes. 2:1-4.