Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 3/13 bl. 8
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—2013
Ons Koninkryksbediening—2013
km 3/13 bl. 8

Aankondigings

◼ Lektuuraanbod vir Maart en April: Die Wagtoring en Ontwaak! Wanneer jy herbesoeke doen, moet jy die Leer Bybel-boek aanbied, of as dit meer gepas is, die brosjure Luister na God en lewe vir ewig, en ’n Bybelstudie probeer begin. Mei en Junie: Bied die traktaat Die waarheid—Wil jy dit graag vind? aan of enige ander traktaat wat die gemeente in voorraad het. Waar belangstelling getoon word, moet ’n Bybelstudie gedemonstreer word in die Leer Bybel-boek of die brosjure Luister na God en lewe vir ewig.

◼ Die Gedenkmaal sal op Dinsdag 26 Maart 2013 gehou word. As julle gemeente gewoonlik op ’n Dinsdag ’n vergadering het, moet dit na ’n ander dag van die week verskuif word, as die Koninkryksaal beskikbaar is. As die Diensvergadering gekanselleer moet word, kan die koördineerder van die liggaam van ouer manne die rooster aanpas sodat dele wat besonder van toepassing is op julle gemeente, gedurende die maand bespreek word. Gemeentes wat gedurende hierdie week deur die kringopsiener besoek word, moet die vergadering wat hulle gewoonlik op ’n Dinsdagaand hou na ’n ander aand gedurende die besoek skuif. Die ouer manne moet reël om alle onbedrywige verkondigers te besoek, soos uiteengesit in die brief van 23 Mei 2010 aan alle liggame van ouer manne.

◼ Drie gemeentes was baie bly om hulle Koninkryksale aan Jehovah toe te wy. Oos-Kaap: Ethembeni, Fair Field. Gauteng: Northcliff.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel