Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Januarie en Februarie: Bied een van die volgende brosjures met 32 bladsye aan: Die Bybel—Wat is die boodskap daarin?, Jy kán God se vriend wees! en Die weg na die ewige lewe—Het jy dit gevind? Wanneer jy herbesoeke doen, moet jy ’n Bybelstudie probeer begin in die Leer Bybel-boek, of as dit meer gepas is in die brosjure Luister na God en lewe vir ewig. Maart en April: Die Wagtoring en Ontwaak! Wanneer jy herbesoeke doen, moet jy die Leer Bybel-boek aanbied, of as dit meer gepas is die brosjure Luister na God en lewe vir ewig, en ’n Bybelstudie probeer begin.
◼ Die titel van die openbare toespraak wat gedurende die tweede helfte van die 2013-diensjaar deur die kringopsiener gehou sal word, is “Goeie nuus . . . aan elke nasie, stam en taal”.
◼ As julle gemeente gevra het om aan die ontoegekendegebied-kampanje vir 2013 deel te neem, maar teen die einde van Januarie 2013 nog nie ’n toewysing gekry het nie, moet julle die takkantoor asseblief so gou moontlik in kennis stel.