Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 6/12 bl. 2
  • Vraebus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vraebus
  • Ons Koninkryksbediening—2012
  • Soortgelyke materiaal
  • Die wysheid en voordele van boedelbeplanning
    Ontwaak!—1998
  • Gebroke harte, verpletterde geloof
    Ontwaak!—2007
  • Sê nou my gesin is arm?
    Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk, Deel 2
  • Die krag van die waarheid om te rehabiliteer
    Ontwaak!—1991
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2012
km 6/12 bl. 2

Vraebus

◼ Wat moet ons in gedagte hou as ons wil hê dat Jehovah se organisasie al ons bates of party daarvan moet kry as ons sterf?

Wanneer mense sterf, het hulle nie meer beheer oor hulle materiële besittings nie (Pred. 9:5, 6). Baie stel dus vooraf ’n testament of trust op wat hulle wense oor die verdeling van hulle bates verduidelik (2 Kon. 20:1). Hierdie regsdokument dui gewoonlik ook aan wie die persoon as trustee of eksekuteur aangestel het. As so ’n dokument nie opgestel is nie, sal die owerheid vasstel wie die wettige naasbestaandes is en die oorledene se bates daarvolgens verdeel. As ons spesifieke wense aangaande ons bates het, soos dat Jehovah se organisasie al ons bates of party daarvan moet kry, is dit dus belangrik dat ons ’n regsdokument met hierdie bepalings opstel en dat ons goed nadink oor wie ons as die trustee of eksekuteur aanstel. Dit is ook noodsaaklik dat jy dit met jou familielede bespreek, veral as hulle nie Getuies is nie. Dit sal voorkom dat die familie die testament betwis as hulle dink dat die bates liewer in die familie moet bly.

Die trustee of eksekuteur het ’n groot verantwoordelikheid. Afhangende van die grootte van die boedel, kan die versameling en verdeling van bates vir hierdie persoon tydrowend wees en baie besonderhede insluit. En omdat die sekulêre owerheid dikwels riglyne het wat gevolg moet word, sal jy dalk die hulp van ’n deskundige, soos ’n prokureur of ’n rekenmeester, nodig hê. Nie almal wat ’n lid van die gemeente is, sal noodwendig ’n goeie trustee of eksekuteur wees nie. Ons moet iemand kies wat ons weet bekwaam en betroubaar is en wat bereid sal wees om aan ons wense te voldoen.—Sien die artikel “Die wysheid en voordele van boedelbeplanning”, in die Ontwaak! van 8 Desember 1998.

As jy gevra word om ’n trustee of eksekuteur te wees: As jy gevra word of jy bereid sal wees om iemand se boedel ná hulle dood te beredder, moet jy eers die koste bereken en biddend besluit of jy hierdie verantwoordelikheid kan nakom (Luk. 14:28-32). Ná die persoon se dood sal jy almal wat as begunstigdes benoem is, in kennis moet stel. Daarna, wanneer jy die volmag het, sal dit jou plig wees om die bates volgens die wet en die presiese bepalings van die testament of trust te verdeel. ’n Trustee of eksekuteur moet besef dat hy, hetsy die boedel groot of klein is, hom nie vryhede met die bates mag veroorloof nie. Enige erflating aan ’n regsliggaam wat deur Jehovah se Getuies gebruik word, is gewyde fondse wat aan Jehovah se organisasie behoort.—Luk. 16:10; 21:1-4.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel