Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 3/12 bl. 4
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—2012
Ons Koninkryksbediening—2012
km 3/12 bl. 4

Aankondigings

◼ Lektuuraanbod vir Maart: Wat leer die Bybel werklik? April: Jy kán God se vriend wees! en Die weg na die ewige lewe—Het jy dit gevind? of enige velddiensbrosjure wat die gemeente in voorraad het. Mei: Die Wagtoring en Ontwaak! Junie: Wat leer die Bybel werklik?

◼ Die Gedenkmaal sal op Donderdag 5 April 2012 gehou word. As julle gemeente gewoonlik op ’n Donderdag vergaderinge het, moet dit na ’n ander dag van die week verskuif word, as die Koninkryksaal beskikbaar is. As dit nie moontlik is nie en julle Diensvergadering op hierdie dag val, kan die dele wat in die besonder op julle gemeente van toepassing is, by ’n ander Diensvergadering ingesluit word.

◼ Die twee Jongmense vra-video’s, How Can I Make Real Friends? en What Will I Do With My Life?, sal tydens komende Diensvergaderinge bespreek word. Indien nodig, moet hierdie video’s so gou as moontlik deur die gemeente aangevra word.

◼ Ons is bly om aan te kondig dat nog agt Koninkryksale aan Jehovah toegewy is. Botswana: Ramotswa-Sentraal. Oos-Kaap: Phakamisa. Gauteng: Klipfontein, Olievenhoutbosch-Sentraal, Tembisa-Wes en Wattville. Limpopo: Bela Bela-Sentraal. Mpumalanga: Oshoek. Aan die einde van die 2011-diensjaar is die 1 000ste Koninkryksaal in ons veld toegewy. Meer as 83 000 Koninkryksverkondigers sowel as ’n menigte belangstellendes geniet die voorreg om ’n Koninkryksaal te gebruik. Ons is baie dankbaar teenoor Jehovah en die vrywilligers wat al jare lank met hierdie ontsaglike bouprogram help. Daar is nog baie Koninkryksale nodig, en daarom spoor ons al die vrywilligers aan om vol te hou met hierdie uitstekende vorm van heilige diens. Ons waardeer ook die bydraes tot die Koninkryksaalfonds wat ons elke maand van gemeentes ontvang.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel