Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Desember: Die grootste mens wat nog geleef het. Waar daar kinders in die huisgesin is, kan Leer by die Groot Onderwyser of My boek met Bybelverhale aangebied word. Januarie: Wat leer die Bybel werklik? Februarie: Die geheim van gesinsgeluk. Maart: Wat leer die Bybel werklik?
◼ Die Gedenkmaal vir 2013 sal op Dinsdag 26 Maart gehou word.
◼ Drie gemeentes was onlangs verheug toe hulle Koninkryksale aan Jehovah toegewy is. Hulle is Emzinoni-Wes en Swallownest, in Mpumalanga, en Quzini, naby King William’s Town.
◼ Dit is vir ons aangenaam om julle te laat weet dat die studie-uitgawe van Die Wagtoring in Afrikaans en in Tsonga vanaf die nommer van 15 Desember 2011 in groot druk beskikbaar sal wees op die webwerf jw.org. Verkondigers wat tydskrifte in hierdie tale in groot druk benodig, sal dit vanaf die webwerf kan druk.
◼ Die ontoegekendegebied-kampanje vir 2012 sal gedurende Maart, April en Mei plaasvind. Ons moedig gemeentes aan om al hulle reëlings te finaliseer sodat hulle ’n suksesvolle kampanje kan hê. Gemeentes sal nader aan die tyd van die kampanje verdere inligting ontvang.