Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Oktober en November: Die Wagtoring en Ontwaak! Waar belangstelling getoon word, kan die traktaat Die waarheid—Wil jy dit graag vind? aangebied word en ’n poging aangewend word om ’n Bybelstudie te begin. Desember: Die grootste mens wat nog geleef het. Waar daar kinders in die huis is, kan die boek Leer by die Groot Onderwyser of My boek met Bybelverhale aangebied word. Januarie: Wat leer die Bybel werklik?