Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Augustus: Jy kán God se vriend wees! en Die weg na die ewige lewe—Het jy dit gevind? of enige velddiensbrosjure wat die gemeente in voorraad het. September: Wat leer die Bybel werklik? Oktober en November: Die Wagtoring en Ontwaak! Waar belangstelling getoon word, kan ons die traktaat Die waarheid—Wil jy dit graag vind? aanbied en ’n Bybelstudie probeer begin.
◼ Die twee videoprogramme Jehovah’s Witnesses—Faith in Action, Part 1: Out of Darkness en The Wonders of Creation Reveal God’s Glory sal tydens komende Diensvergaderinge bespreek word. Indien nodig, moet hierdie DVD’s so gou as moontlik deur die gemeente aangevra word.
◼ Let asseblief daarop dat daar van 24 tot 26 Augustus 2011 ’n voorraadopname by Bethel gedoen gaan word en dat daar dan geen toere sal wees nie.
◼ Ons is bly om te sê dat drie Koninkryksale toegewy is. Lesotho: Maseru Lithoteng. Kaapstad: Westridge. Mpumalanga: Bushbuckridge-Wes.
◼ Let asseblief op die nuwe datums vir die volgende byeenkomste:
14-16 Oktober:
Bloemfontein (Suid-Sotho) Bloemfontein-skouterrein
26 & 27 November:
Durban (Gebaretaal) Marion Ridge-gemeenskapsentrum