Velddiensglanspunte
Sedert 1993 het altesaam 271 ongetroude broers die Bedieningsopleidingskool (wat nou Bybelskool vir Ongetroude Broers genoem word) in Zambië bygewoon. In 2010 het nog 29 broers gegradueer. Die meeste van die broers wat hierdie opleiding ontvang het, is in die voltydse diens; 74 is gewone pioniers, 64 spesiale pioniers en 36 reisende opsieners. Ons hoop dat baie meer ongetroude broers hulle vir hierdie voorreg beskikbaar sal stel.