Velddiensglanspunte
In Oktober 2010 het Botswana ’n nuwe hoogtepunt van 3 562 Bybelstudies gehad. In Lesotho is ’n nuwe hoogtepunt van 385 gewone pioniers bereik! Swaziland het ’n nuwe hoogtepunt van 2 804 verkondigers gerapporteer, wat meer as 4 000 Bybelstudies gehou het. Die lande onder die Suid-Afrikaanse tak openbaar ’n goeie pioniergees; in 2010 is altesaam 59 Pionierdiensskole gehou. Baie pioniers wat dit bygewoon het, het hulle waardering vir hierdie twee week lange kursus uitgespreek.