Velddiensglanspunte
Ons is bly om te sê dat Namibië in Februarie vier nuwe hoogtepunte bereik het! Die 1 701 verkondigers wat gerapporteer het, is 53 meer as die vorige hoogtepunt in Januarie. Die 130 gewone pioniers wat gerapporteer het, is 4 meer as die vorige hoogtepunt in Januarie 2008. En die 12 204 herbesoeke is 190 meer as die vorige hoogtepunt in Maart 2008. Daarbenewens is die 2 625 Bybelstudies 35 meer as die vorige hoogtepunt in Julie 2008.