Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Desember: Die grootste mens wat nog geleef het. Waar daar kinders is, kan die boek Leer by die Groot Onderwyser aangebied word. Januarie: Wat leer die Bybel werklik? Februarie: Aanbid die enigste ware God. Maart: Wat leer die Bybel werklik?
◼ Op 1 September 2008 is ’n nuwe kring gevorm om na die gebaretaalveld sowel as na die Chinese en Franse gemeentes om te sien. ’n Paar veranderinge is aan die byeenkomsrooster aangebring en is soos volg: Kringbyeenkomste in gebaretaal sal op 21 en 22 Maart 2009 in Durban en op 22 en 23 Augustus 2009 by die Midrand-Byeenkomssaal gehou word. ’n Chinese kringbyeenkoms sal op 29 en 30 Augustus 2009 by die Midrand-Byeenkomssaal gehou word. Franse kringbyeenkomste sal op 21 en 22 Februarie 2009 by die Midrand-Byeenkomssaal en op 28 en 29 Maart 2009 in Durban gehou word. Spesiale byeenkomsdae in gebaretaal sal op 31 Januarie 2009 by die Midrand-Byeenkomssaal, op 12 April 2009 in George en op 11 Julie 2009 in Durban gehou word. ’n Spesiale byeenkomsdag in Chinees sal op 1 Februarie 2009 by die Midrand-Byeenkomssaal gehou word. Spesiale byeenkomsdae in Frans sal op 25 April 2009 by die Bellville-Byeenkomssaal, op 7 Junie 2009 by die Midrand-Byeenkomssaal en op 12 Julie 2009 in Durban gehou word.
◼ Presiderende opsieners moet seker maak dat hulle genoeg eksemplare van Ons Koninkryksbediening vir die gemeente ontvang, asook ’n paar ekstra. As hulle te veel ontvang, moet hulle die Magazine Request-vorm (M-202) gebruik om die gemeente se aanvraag te verminder. As hulle te min ontvang, kan die aanvraag op dieselfde manier vergroot word. Al die verkondigers moet ’n eksemplaar ontvang. Diegene wat die Diensvergadering gereeld bywoon en vooruitgang maak sodat hulle binnekort aan die veldbediening sal begin deelneem, moet ook ’n eksemplaar kry. Moenie vergeet om ’n eksemplaar vir die Koninkryksaal se biblioteek te hou nie. ’n Eksemplaar van Ons Koninkryksbediening moenie vir uitgesette persone gegee word nie.—Sien die Vraebus in Ons Koninkryksbediening vir Februarie 1987.
◼ Die takkantoor ontvang soms versoeke om lektuurspoedbesendings. Moet asseblief nie ’n versoek om ’n spoedbesending instuur nie tensy ’n verkeerde besending uitgestuur is. Daar word lank vooruit aangekondig watter items nodig is vir lektuuraanbiedings en spesiale kampanjes, watter materiaal by vergaderinge gestudeer gaan word, watter DVD’s gekyk gaan word en watter vorms aangevra moet word. Met goeie beplanning kan die meeste versoeke om spoedbesendings vermy word. Gewone lektuuraanvrae moet elke maand stiptelik ingestuur word, selfs as dit net vir ’n paar items is.
◼ Ongelukkig is daar nie ’n reëling dat broers hulle gemeente se lektuuraanvrae by Bethel kan afhaal nie. Elke gemeente maak deel uit van ’n spesifieke verpakkingsiklus, en aanvrae word volgens hierdie rooster afgelewer. Die ekstra werklas maak dit onprakties om die siklus te onderbreek sodat gemeentes lektuuraanvrae kan kom afhaal. Maar broers is welkom om hulle Literature Request-vorm (S-14) in te gee wanneer hulle Bethel besoek.
◼ Ons wil graag die gemeentelike sekretaris daaraan herinner om te reageer op die brief van 1 Oktober 2008 in verband met aanvrae vir bykomende tydskrifte vir die spesiale bedrywigheid gedurende Maart, April en Mei 2009.
◼ Gebruik gemeentelike vorms asseblief wyslik. Daar is baie werk en onkoste daarby betrokke om hierdie vorms te druk. Dit is dalk nodig om party te herinner dat gemeentelike vorms nie as rofwerk- of notapapier gebruik moet word nie. Party gemeentes voorsien rofwerkpapier sodat die broers nie die vorms daarvoor sal gebruik nie. Onnodige vermorsing kan vermy word as die broers klein foute regmaak eerder as om die vorm weg te gooi. Maar inligting wat in die gemeente se lêers gehou word of na die takkantoor gestuur word, moet altyd netjies en leesbaar wees. Wanneer vorms gebêre word, moet julle seker maak dat daar nie verskillende vorms van dieselfde grootte bo-op mekaar is nie.
◼ Belangrike aankondigings in verband met prosedures en lektuuraanvrae verskyn dikwels in Ons Koninkryksbediening. Lektuurknegte moet vertroud raak met die instruksies in die Aankondigings sodra hulle hulle eksemplaar van Ons Koninkryksbediening ontvang sodat hulle dit stiptelik kan uitvoer.
◼ Ons wil verkondigers graag daaraan herinner dat braille-publikasies baie duur is om te vervaardig—groot items kos ’n paar duisend rand. Dit is ons voorreg om ’n bydrae te maak om die koste van hierdie items te help dek. Wanneer die gemeentelike sekretaris die Literature Request-vorm (S-14) goedkeur, moet hy seker maak dat hierdie items vir verkondigers of progressiewe Bybelstudies aangevra word. Hy moet duidelik op die lektuuraanvraagvorm aandui dat hy die aanvraag noukeurig nagegaan en goedgekeur het. Dié wat intekeninge op Die Wagtoring of Ontwaak! in braille ontvang, moet ook die koste in gedagte hou.
◼ Kingdom Melodies—MP3 sal nie meer op ’n CD van die takkantoor aangevra kan word nie. Dit kan alleenlik van die webwerf www.jw.org afgelaai word. Hoewel daar vir die organisasie ’n koste aan verbonde is elke keer wanneer ’n lêer afgelaai word, is hierdie manier van verspreiding meer ekonomies as om CD’s te vervaardig en te versend.
◼ Nuwe publikasies beskikbaar:
Die waarheid—Wil jy dit graag vind? (kt)—Afrikaans, Chichewa, Chinees (Vereenvoudig), Cibemba, Engels, Engels (graad 2-braille), Frans, Herero, Khoekhoegowab, Kwangali, Kwanyama, Ndebele, Ndonga, Portugees, Sepedi, Suid-Sotho, Swati, Tsonga, Tswana, Umbundu, Venda, Xhosa, Zulu
◼ Nuwe DVD’s beskikbaar:
Die waarheid—Wil jy dit graag vind? (dvkt)—Amerikaanse Gebaretaal, Suid-Afrikaanse Gebaretaal