Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool
Die volgende vrae sal bespreek word by die Teokratiese Bedieningskool gedurende die week wat begin met 29 Desember 2008. Die skoolopsiener sal ’n hersiening van 20 minute hou wat gebaseer is op die materiaal wat gedek is in toewysings vir die weke vanaf 3 November tot 29 Desember 2008.
SPRAAKHOEDANIGHEDE
1. Waarom is dit doeltreffend om “op grond van liefde” te vermaan? (Filem. 9). [be-AF bl. 266 par. 2-4]
2. Hoe kan ons ander moed gee? [be-AF bl. 268 par. 4–bl. 269 par. 2]
TOEWYSING NR. 1
3. Hoe is Paulus se brief aan Titus vandag vir ons “goed en nuttig”? (Tit. 3:8). [si-AF bl. 241 par. 8]
4. Waarom was Petrus se eerste brief tydig? [si-AF bl. 251 par. 1]
5. Watter uitwerking behoort die simbole van Openbaring op ons te hê? [si-AF bl. 263 par. 1]
WEEKLIKSE BYBELLEES- GEDEELTE
6. Waarom het Paulus moontlik in Titus 2:3 ‘nie laster nie’ verbind met ‘nie aan baie wyn verslaaf wees nie’? [w94-AF 6/15 bl. 20 par. 12]
7. Beteken die feit dat Satan “die vermoë het om die dood te veroorsaak”, dat hy die ontydige dood kan veroorsaak van wie hy wil? (Heb. 2:14). [w08-AF 10/15 “Jehovah se Woord is lewend—glanspunte uit die briewe aan Titus, aan Filemon en aan die Hebreërs”]
8. Wie is “die menslike verbondsluiter” van die nuwe verbond? (Heb. 9:16). [w08-AF 10/15 “Jehovah se Woord is lewend—glanspunte uit die briewe aan Titus, aan Filemon en aan die Hebreërs”]
9. Wat beteken dit om vredeliewend te wees, en watter vrae kan ons ons in hierdie verband afvra? (Jak. 3:17). [w08-AF 3/15 bl. 24 par. 18]
10. Wat word bedoel met die uitdrukking “God is groter as ons hart”? (1 Joh. 3:20). [w05-AF 8/1 bl. 30 par. 19]