Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir November: Wat leer die Bybel werklik? Desember: Die grootste mens wat nog geleef het. Waar daar kinders is, kan die boek Leer by die Groot Onderwyser aangebied word. Januarie: Wat leer die Bybel werklik? Februarie: Aanbid die enigste ware God.
◼ Ons wil graag alle sekretarisse daaraan herinner om seker te maak dat hulle gemeente se rekeninge vir die tydperk van 1 September 2007 tot 31 Augustus 2008 na die takkantoor gestuur is.
◼ Vanaf 1 Januarie 2009 sal die term “presiderende opsiener” nie meer gebruik word nie. Die benaming van hierdie toewysing sal nou “koördineerder van die liggaam van ouer manne” wees.
◼ Gemeentes kan nou Watchtower Library—2008 (cdly08) begin aanvra. Dit is ’n spesiaal aangevraagde item—’n voorsiening vir gemeentelede wat slegs deur die gemeente beskikbaar gestel word. Dit is nie ’n produk om onder die publiek te versprei of om aan dié te gee wat bloot in Jehovah se Getuies belangstel nie. Watchtower Library—2008 sal beskikbaar wees in Chinees, insluitende Chinees (Vereenvoudig), Engels, Frans en Portugees. Verkondigers wat goeie gebruik maak van Watchtower Library en nie meer die bundels gebruik nie, hoef dalk nie meer die bundels aan te vra nie.
◼ Nuwe publikasies beskikbaar:
Vind baat by opleiding in die Teokratiese Bedieningskool—groot druk (belp)—Chinees (Vereenvoudig, Pinjin)
My boek met Bybelverhale (my)—Kwanyama
Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif (bi12)—Cibemba
Die geheim van gesinsgeluk (fy)—Kwanyama
Wanneer ’n geliefde sterf (we)—Kwanyama
◼ Nuwe oudiokassette beskikbaar:
Keep Your Eye Simple (csey)—Cibemba
◼ Nuwe CD’s beskikbaar:
Lewe met Jehovah se dag in gedagte (cdjd)—Frans
◼ Nuwe DVD’s beskikbaar:
Album vir The Watchtower Announcing Jehovah’s Kingdom—2009 (leë album) (dvcw09)—Amerikaanse Gebaretaal
Leer by die Groot Onderwyser (dvlr)—Amerikaanse Gebaretaal
Organized to Share Good News and Whole Association of Brothers (dvjwa)—Amerikaanse Gebaretaal