Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 5/08 bl. 3
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—2008
Ons Koninkryksbediening—2008
km 5/08 bl. 3

Aankondigings

◼ Lektuuraanbod vir Mei: Die Wagtoring en Ontwaak! Junie: Aanbid die enigste ware God. Julie en Augustus: Enige van die volgende brosjures met 32 bladsye: Die Goddelike naam wat vir ewig sal bestaan, Die regering wat die Paradys gaan bring, Die weg na die ewige lewe—Het jy dit gevind?, Gee God werklik vir ons om?, Geeste van die dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? Bestaan hulle werklik?, Hou aan waak!, Jy kán God se vriend wees!, Jy kan vir ewig op die aarde lewe!, Moet jy aan die Drie-eenheid glo?, Wanneer ’n geliefde sterf en Wat vereis God van ons?

◼ Lektuurnavrae moet skriftelik na die takkantoor gestuur word, hetsy per pos, per faks by 011 761 1380 of per e-pos by literature@jw.org.za. Vir dringende navrae, soos verlore besendings, kan die Lektuurafdeling geskakel word by 011 761 1000. Literature Request-vorms (S-14) moet met die vragmotor of per pos gestuur word.

◼ Onthou asseblief om lektuur deur julle gemeente aan te vra en dit nie te probeer kry deur die takkantoor te skakel, wanneer julle op ’n toer deur Bethel gaan of deur Betheliete te vra nie. Die takkantoor maak nie lektuurbestellings op vir individuele verkondigers nie. Om te verseker dat aanvrae verwerk word en dat lektuur sonder versuim aangevra word, moet die presiderende opsiener reël dat daar elke maand ’n aankondiging gemaak word voordat die gemeente se lektuuraanvraag ingestuur word, sodat almal wat persoonlike lektuuritems wil hê, die lektuurkneg in kennis kan stel. Die Literature Request-vorm (S-14) moet elke maand stiptelik ingestuur word, al wil gemeentes net ’n paar items hê.

◼ In Ons Koninkryksbediening vir Maart is daar aangekondig dat “Kom word my volgeling”—Groot druk (cflp) in Suid-Sotho en Xhosa beskikbaar sal wees. Ongelukkig sal hierdie publikasie nie meer in Suid-Sotho en Xhosa gedruk word nie, aangesien daar nie genoeg versoeke vir grootdrukpublikasies in hierdie tale ontvang is nie.

◼ Nuwe publikasies beskikbaar:

‘Go, Make Disciples, Baptizing Them’ (ds)—Kwanyama

Die grootste mens wat nog geleef het (gt)—Kwangali

Watch Tower Publications Index 2007 (dx07)—Engels

◼ Nuwe DVD’s beskikbaar:

Acts of Apostles (dvAc)—Amerikaanse Gebaretaal

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel