Wat ons oor die tydskrifte kan sê
Die Wagtoring 1 Apr.
“Het jy al ooit gewonder of die aarde sal oorleef, aangesien die aarde se hulpbronne misbruik word? [Wag vir ’n antwoord.] Kyk na hierdie vertroostende belofte. [Lees Psalm 104:5.] Hierdie artikel vertel ons wat die Bybel oor die toekoms van die aarde sê.” Vestig die aandag op die artikel wat op bladsy 10 begin.
Ontwaak! Apr.
“Ons het soveel dinge om te doen dat baie mense dit moeilik vind om tyd opsy te sit om God te aanbid. Is dit vir jou ’n uitdaging? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan Efesiërs 5:15-17.] Hierdie artikel gee die Bybel se redelike verduideliking oor hoeveel tyd en energie God verwag dat ons in sy diens moet bestee.” Vestig die aandag op die artikel wat op bladsy 20 begin.
Die Wagtoring 1 Mei
“Baie mense sê dat hulle alleenlik glo in wat hulle kan sien. Stem jy daarmee saam? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan Romeine 1:20.] Hierdie tydskrif vestig die aandag op drie van God se eienskappe wat duidelik in die skepping gesien kan word, asook hoe kennis omtrent hierdie eienskappe ons kan raak.”
Ontwaak! Mei
“Vandag vrees baie mense die toekoms. Dink jy dinge sal verbeter, of sal dit net al hoe erger word? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan Openbaring 21:3, 4.] Hierdie tydskrif verduidelik waarom ons die vertroue kan hê dat God binnekort die moeilike probleme sal oplos wat die mens nie kon regstel nie.”