Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 3/08 bl. 2-7
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—2008
Ons Koninkryksbediening—2008
km 3/08 bl. 2-7

Aankondigings

◼ Lektuuraanbod vir Maart: Wat leer die Bybel werklik? April en Mei: Die Wagtoring en Ontwaak! Junie: Aanbid die enigste ware God.

◼ Gemeentes moet die jongste nommers van Die Wagtoring en Ontwaak! beskikbaar stel sodra hulle dit ontvang. Dit sal die verkondigers in staat stel om met die inhoud daarvan vertroud te raak voordat hulle die tydskrifte in die velddiens aanbied. En Ons Koninkryksbediening moet uitgedeel word sodra dit ontvang word.

◼ Die presiderende opsiener of iemand wat deur hom aangestel is, moet die gemeente se rekeninge vir Desember, Januarie en Februarie ouditeer. Dieselfde persoon moenie gebruik word om opeenvolgende oudits te doen nie. As daar ’n afsonderlike bankrekening vir instandhouding, bouwerk of iets soortgelyks is, moet dit ook geouditeer word. Wanneer die oudit gedoen is, moet dit in die gemeente aangekondig word nadat die volgende rekeningverslag gelees is.—Sien Instruksies vir die hou van gemeenterekeninge (S-27).

Gemeentes in Suid-Afrika moet die geouditeerde rekeninge vir hierdie drie maande sonder versuim na die takkantoor stuur. Die sekretaris en rekeningkneg moet seker maak dat die rekeninge volledig en ordelik is en dat die volgende inligting voorsien is: Boekhouvorm (S-26), Maandelikse gemeentelike rekeningverslag (S-30), Receipts (S-24), strokies vir uitbetalings en ’n bankstaat vir elke maand (indien die gemeente ’n bankrekening het). Merk dit duidelik vir die aandag van Accounting Office—PBO Registration.

◼ Tydskrifknegte moet asseblief kyk of hulle die korrekte hoeveelheid eksemplare van Die Wagtoring (uitgawe vir die publiek sowel as studie-uitgawe) en Ontwaak! ontvang. Indien nie, moet hulle asseblief so gou moontlik die regstellings op die Magazine Request-vorm (M-202) aandui en dit instuur. Hou in gedagte dat dit ’n paar maande kan neem voordat veranderinge in werking tree.

◼ Gemeentes moet die Wagtoring- en Ontwaak!-bundels vir 2007 begin aanvra. Die bundels sal in Chinees (Tradisioneel), Engels, Frans en Portugees beskikbaar wees. Totdat die bundels beskikbaar is en versend word, sal dit as “Pending” op die gemeente se paklys verskyn. Die bundels is spesiaal aangevraagde items.

◼ Nuwe publikasies beskikbaar:

“Kom word my volgeling” (cf)—Afrikaans, Engels, Frans, Portugees, Shona, Suid-Sotho, Tsonga, Tswana, Venda, Xhosa, Zulu

“Kom word my volgeling”—groot druk (cflp)—Engels, Frans, Portugees, Suid-Sotho, Xhosa, Zulu

Is Your Life Ruled by Fate? (T-81)—Chinees (Vereenvoudig)

Lewe met Jehovah se dag in gedagte—groot druk (jdlp)—Portugees

Watch Tower Publications Index 2006 (dx06)—Amerikaanse Gebaretaal

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel