Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Augustus: Enige van die volgende brosjures met 32 bladsye: Die Goddelike naam wat vir ewig sal bestaan, Die regering wat die Paradys gaan bring, Die weg na die ewige lewe—Het jy dit gevind?, Gee God werklik vir ons om?, Geeste van die dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? Bestaan hulle werklik?, Hou aan waak!, Jy kan vir ewig op die aarde lewe!, Moet jy aan die Drie-eenheid glo? en Wanneer ’n geliefde sterf. September: Wat leer die Bybel werklik? Wend ’n spesiale poging aan om Bybelstudies tydens die eerste besoek te begin. As huisbewoners reeds die boek het, kan jy vir hulle wys hoe hulle daarby kan baat vind deur kortliks ’n Bybelstudie te demonstreer. Oktober: Die Wagtoring en Ontwaak! November: Leer by die Groot Onderwyser.
◼ Die presiderende opsiener moet asseblief so gou moontlik ná die einde van Augustus die gemeente se rekeninge vir Junie, Julie en Augustus na die takkantoor stuur. Dit sal nie nodig wees om eers die rekeninge te ouditeer voordat dit gestuur word nie. Al die bankstate moet ingesluit word. Merk dit vir die aandag van: Accounting Office—PBO Registration.
◼ Die ouer manne word daaraan herinner om die instruksies op bladsye 21-3 in Die Wagtoring van 15 April 1991 deur te voer in verband met enige uitgesette of gedissosieerde persone wat dalk herstel wil word.
◼ Gemeentes moet die Kalender van Jehovah se Getuies vir 2008 en die Jaarboek van Jehovah se Getuies vir 2008 saam met hulle volgende lektuuraanvraag aanvra. Dit is spesiaal aangevraagde items en moet net aangevra word wanneer daar spesifieke aanvrae deur individue is. Totdat hierdie items beskikbaar is, sal dit as “Pending” op paklyste verskyn. Voordat die lektuuraanvraag vir dié items ingestuur word, moet ’n aankondiging in die gemeente gedoen word. Verkondigers moet dadelik hulle items by die lektuurtoonbank aanvra, en die lektuurkoördineerder moet die lektuuraanvraag so gou as moontlik na die takkantoor stuur. Die presiderende opsiener moet seker maak dat die aanvraag sonder versuim ingestuur word. Dit sal goeie beplanning vereis. Geen spesiale reëlings sal gemaak word om spoedbesendings uit te stuur of om lektuur by Bethel af te haal nie. Die diensopsiener moet seker maak dat die gemeente net soveel aanvra as wat gebruik sal word.
◼ Gemeentes hoef nie Ondersoek die Skrif elke dag—2008 aan te vra nie, aangesien dit aan gemeentes gestuur sal word volgens die hoeveelhede en tale waarin hulle Ons Koninkryksbediening ontvang. As gemeentes dit egter in nog tale wil bestel of ekstra boekies nodig het, moet hulle dit asseblief aanvra. Julle moet duidelik op die Literature Request-vorm (S-14) skryf: “This request is in addition to the consigned quantity.”
◼ Dit is nie nodig om lapelkaartjies vir die 2007-streekbyeenkoms aan te vra nie, aangesien dit lank voor die byeenkoms aan die gemeentes gestuur sal word. Wanneer die koördinerende gemeente se lektuurkoördineerder die lapelkaartjies ontvang, moet hy seker maak dat elke gemeente die voorraad ontvang wat aan hulle gestuur is. Indien ekstra lapelkaartjies benodig word, moet daar duidelik op die Literature Request-vorm (S-14) geskryf word: “This request is in addition to the consigned quantity.” Geen laat aanvrae sal aanvaar word nie. Die lapelkaartjies sal in Afrikaans, Engels, Frans, Portugees, Silozi, Suid-Sotho, Xhosa en Zulu beskikbaar wees. Plastieklapelkaarthouers kan aangevra word, indien nodig. Sien asseblief die Vraebus in Ons Koninkryksbediening vir Oktober 2001 in verband met wie ’n lapelkaartjie kan ontvang.
◼ Nuwe publikasies beskikbaar:
Apply Yourself to Reading and Writing (ay)—Venda
Watch Tower Publications Index 2006 (dx06)—Engels
◼ Nuwe DVD’s beskikbaar:
Album vir The Watchtower Announcing Jehovah’s Kingdom—2007 (leë album) (dvcw07)—Amerikaanse Gebaretaal