Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool
Die volgende hersieningsvrae sal bespreek word by die Teokratiese Bedieningskool gedurende die week wat begin met 26 Februarie 2007. Die skoolopsiener sal ’n hersiening van 30 minute hou wat gebaseer is op die materiaal wat gedek is in toewysings vir die weke vanaf 1 Januarie tot 26 Februarie 2007. [Let wel: Waar daar geen verwysings ná die vraag is nie, sal jy jou eie navorsing moet doen om die antwoorde te vind.—Sien Bedieningskool, bl. 36-7.]
SPRAAKHOEDANIGHEDE
1. Wanneer moet ons praktiese toepassing van ons materiaal maak, en hoe moet ons dit doen? [be-AF bl. 158 par. 2-4]
2. Waarom is dit belangrik dat ons ander help om die praktiese waarde te sien van die inligting wat ons aanbied, en hoe kan ons dit doen? [be-AF bl. 159 par. 3-4]
3. Waarom is ons woordkeuse belangrik? [be-AF bl. 160]
4. Wat sal ons help om ’n verskeidenheid woorde reg te gebruik? [be-AF bl. 161 par. 5-6; bl. 162 par. 1, 4]
5. Watter voordele hou dit in om van ’n skets af te praat, hetsy dit uitgeskryf of in jou gedagtes uitgewerk is? [be-AF bl. 166 par. 1-3]
TOESPRAAK NR. 1
6. Wat behels dit om ’n leestoewysing voor te berei? [be-AF bl. 43 par. 2, 4]
7. Wat is noodsaaklik as ons Jehovah se liefde vir wat reg is en haat vir wat verkeerd is, wil aankweek? (Heb. 5:14). [w05-AF 1/1 bl. 9 par. 11]
8. Wat moet ons onthou as ons iets in die Bybel lees wat ons laat wonder of God regverdig of reg opgetree het? [w05-AF 2/1 bl. 24 par. 7]
9. Hoe moet ons reageer wanneer die eise van mense met God se wet bots? [w05-AF 4/15 bl. 12 par. 9]
10. Hoe vestig Jesaja die aandag op die Koninkryk onder die Messias en op die voorloper, Johannes die Doper? [si-AF bl. 123 par. 35]
WEEKLIKSE BYBELLEESGEDEELTE
11. Wat is “die omhulling” en “die weefsel” wat in Jesaja 25:7 gemeld word?
12. Hoe kan mense Jehovah “sien” en “hoor”? (Jes. 30:20, 21).
13. Waar of onwaar: Hiskia se gebed wat in Jesaja 38:3 opgeteken is, het net gespruit uit sy begeerte om langer te lewe.
14. Hoe kon die Israeliete as Jehovah se getuies dien, en hoe kan ons hulle navolg? (Jes. 43:10).
15. Wat word in ooreenstemming met die profetiese voorbeeld in Jesaja 52:11, 12 vereis van diegene wat “die voorwerpe van Jehovah dra”?