Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 7/06 bl. 3
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—2006
Ons Koninkryksbediening—2006
km 7/06 bl. 3

Aankondigings

◼ Lektuuraanbod vir Julie en Augustus: Enige van die volgende brosjures met 32 bladsye: Hou aan waak!, Jy kan vir ewig op die aarde lewe!, Die Goddelike naam wat vir ewig sal bestaan, Die regering wat die Paradys gaan bring, Moet jy aan die Drie-eenheid glo?, Gee God werklik vir ons om?, Wanneer ’n geliefde sterf en Geeste van die dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? Bestaan hulle werklik? September: Wat leer die Bybel werklik? Oktober: Die Wagtoring en Ontwaak!

◼ Van die week van 8 Januarie 2007 af sal ons Openbaring—Sy groot klimaks is ophande! by die Gemeentelike Boekstudie bestudeer. Gemeentes moet sorg dat hulle genoeg boeke betyds vir die studie in voorraad het.

◼ Gemeentelike sekretarisse moet seker maak dat hulle ’n pionieraanstellingsbrief (S-202) vir elke gewone pionier in die gemeente het. Indien nie, moet hulle na die takkantoor skryf.

◼ Die jaarlikse inventaris van alle lektuur en tydskrifte in voorraad moet op of so na as moontlik aan 31 Augustus 2006 opgestel word. Hierdie inventaris is soortgelyk aan die maandelikse opname deur die lektuurkoördineerder, en die totale moet op die Lektuurinventaris-vorm (S-18) ingevul word. Die totale aantal van die tydskrifte in voorraad kan by die tydskrifkneg(te) gekry word. Die inventaris moet deur die sekretaris van die koördinerende gemeente nagegaan word. Hy en die presiderende opsiener van die koördinerende gemeente moet die vorm teken. Elke koördinerende gemeente sal drie Lektuurinventaris-vorms ontvang. Stuur die oorspronklike vorm asseblief teen 6 September na die takkantoor. Hou ’n deurslagkopie vir julle lêers. Die derde vorm kan as ’n werkblad gebruik word.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel