Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Mei: Die Wagtoring en Ontwaak! Junie: Wat leer die Bybel werklik? Wend ’n spesiale poging aan om Bybelstudies te begin. Julie en Augustus: Enige van die volgende brosjures met 32 bladsye: Hou aan waak!, Jy kan vir ewig op die aarde lewe!, Die Goddelike naam wat vir ewig sal bestaan, Die regering wat die Paradys gaan bring, Moet jy aan die Drie-eenheid glo?, Gee God werklik vir ons om?, Wanneer ’n geliefde sterf en Geeste van die dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? Bestaan hulle werklik? September: Wat leer die Bybel werklik?
◼ Aangesien Julie vyf volle naweke het, sal dit ’n uitstekende maand wees om hulppionierdiens te doen.
◼ Die presiderende opsiener of iemand wat deur hom aangestel is, moet die gemeente se rekeninge op 1 Junie of so gou moontlik daarna ouditeer. As daar ’n afsonderlike bankrekening vir instandhouding, bouwerk of iets soortgelyks is, moet daar gereël word dat hierdie rekening ook geouditeer word. Wanneer die oudit(s) gedoen is, moet dit in die gemeente aangekondig word wanneer die volgende rekeningverslag gelees word. Gemeentes wat aansoek gedoen het om as ’n Openbare Weldaadsorganisasie (OWO) te registreer, moet asseblief die gemeente se rekeninge vir Maart, April en Mei na die takkantoor stuur nadat die oudit gedoen is. Merk dit vir die aandag van die Rekeningafdeling.
◼ Ons reël ’n kringbyeenkoms in gebaretaal wat op 26 en 27 Augustus 2006 by die Eikenhof-Byeenkomssaal gehou sal word. Dit sal die heel eerste kringbyeenkoms wees wat heeltemal in gebaretaal aangebied sal word. Almal wat by die program sal baat vind, word hartlik uitgenooi om dit by te woon. Dit sal dalk aansienlike onkoste behels om dit by te woon, maar dit sal mense in die dowe veld in Suid-Afrika en sy buurlande die geleentheid gee om nader aan mekaar te kom.
◼ Nuwe CD’s beskikbaar:
A Satisfying Life—How to Attain It—Engels
Wat vereis God van ons?—Engels