Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/05 bl. 7
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—2005
Ons Koninkryksbediening—2005
km 8/05 bl. 7

Aankondigings

◼ Augustus: Enige brosjure met 32 bladsye, behalwe Jehovah se Getuies en opvoeding, Hoe kan bloed jou lewe red?, Jehovah se Getuies—Wie is hulle? Wat glo hulle? en ‘Sien die goeie land’. September: Is daar ’n Skepper wat vir jou omgee? Of anders kan jy Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? aanbied. Oktober: Die Wagtoring en Ontwaak!

◼ Hou bladsye 5 en 6 van hierdie nommer van Ons Koninkryksbediening sodat dit in verband met die program vir die kringbyeenkoms en spesiale byeenkomsdag vir die 2006-diensjaar gebruik kan word.

◼ Die presiderende opsiener of iemand wat deur hom aangestel is, moet die gemeente se rekeninge op 1 September of so gou moontlik daarna ouditeer. As daar ’n afsonderlike bankrekening vir instandhouding, bouwerk of iets soortgelyks is, moet daar gereël word dat hierdie rekening ook geouditeer word. Wanneer die oudit(s) gedoen is, moet dit in die gemeente aangekondig word wanneer die volgende rekeningverslag gelees word.

◼ Die jaarlikse inventaris van alle lektuur en tydskrifte in voorraad moet op of so na as moontlik aan 31 Augustus 2005 opgestel word. Hierdie voorraadopname is soortgelyk aan die opname wat die lektuurkoördineerder elke maand doen, en die totale moet op die lektuurinventaris-vorm (S-18) ingevul word. Die totaal van die tydskrifte in voorraad moet van die tydskrifkneg(te) verkry word. Die voorraadopname moet onder die toesig van die sekretaris van die koördinerende gemeente gedoen word. Hy en die presiderende opsiener van die koördinerende gemeente moet die vorm teken. Elke koördinerende gemeente sal drie lektuurinventaris-vorms (S-18) ontvang. Stuur die oorspronklike vorm asseblief voor of op 6 September na die takkantoor. Hou ’n afskrif vir julle lêers. Die derde vorm kan as ’n werkstaat gebruik word.

◼ Gemeentes moet die volgende items saam met hulle volgende lektuuraanvraag aanvra:

Ondersoek die Skrif elke dag—2006

Kalender van Jehovah se Getuies vir 2006

2006 Yearbook of Jehovah’s Witnesses

Verkondigers moet hierdie items by die lektuurtoonbank aanvra.

◼ Gemeentes moet lapelkaartjies vir die 2005-streekbyeenkoms saam met hulle lektuuraanvraag vir September begin aanvra. Dit sal in Engels, Portugees, Suid-Sotho, Xhosa en Zulu beskikbaar wees.

◼ Nuwe publikasies beskikbaar:

Examining the Scriptures Daily—2005—References for American Sign Language

Gee ag op Daniël se profesie!—groot druk—Chichewa

Watch Tower Publications Index 2002—Portugees

Watch Tower Publications Index 2003—Amerikaanse Gebaretaal

Aanbid die enigste ware God—groot druk—Chichewa

◼ Nuwe laserskywe beskikbaar:

Beware of Losing Faith by Drawing Away From Jehovah—Engels

Families—Make Daily Bible Reading Your Way of Life!—Engels

Jehovah Delivers Those Calling Upon His Name—Engels

Jehovah’s Judgment Against Law-Defying People—Engels

Keep Your Eye Simple—Engels

◼ Nuwe DVD’s beskikbaar:

Album for The Watchtower Announcing Jehovah’s Kingdom—2005—Amerikaanse Gebaretaal

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel