Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 7/05 bl. 3
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—2005
Ons Koninkryksbediening—2005
km 7/05 bl. 3

Aankondigings

◼ Julie en Augustus: Enige brosjure met 32 bladsye, behalwe Jehovah se Getuies en opvoeding, Hoe kan bloed jou lewe red?, Jehovah se Getuies—Wie is hulle? Wat glo hulle? en ‘Sien die goeie land’. September: Is daar ’n Skepper wat vir jou omgee? Anders kan Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? aangebied word.

◼ Vanaf September sal kringopsieners die openbare toespraak hou met die tema “Waarom moet ons ons deur die Bybel laat rig?”

◼ Ons sal dit waardeer as aansoeke vir gewone pionierdiens die takkantoor ten minste 30 dae voor die verlangde begindatum bereik. Die gemeentelike sekretaris moet die vorms nagaan om seker te maak dat dit volledig ingevul is. As dié wat aansoek doen, nie hulle presiese doopdatum kan onthou nie, moet hulle die datum skat en ’n aantekening daarvan maak. Die sekretaris moet hierdie datum op die verkondigerverslagkaart (S-21) skryf.

◼ Gemeentelike sekretarisse moet seker maak dat hulle ’n pionieraanstellingsbrief (S-202) vir elke gewone pionier in die gemeente het. Indien nie, moet julle asseblief na die takkantoor skryf.

◼ TESTAMENTE: Voordat ’n testament gefinaliseer word wat Watch Tower as ’n begunstigde benoem, moet ’n afskrif daarvan asseblief na die Estate Desk by die takkantoor gestuur word sodat die bewoording nagegaan kan word. Soms word testamente so opgestel dat dit moeilik is om dit af te handel. Nadat die testament geteken is, moet ’n afskrif daarvan asseblief vir veilige bewaring na die takkantoor gestuur word.

◼ Gemeentes moet saam met hulle lektuuraanvraag vir Julie ’n voldoende voorraad vorms vir die 2006-diensjaar begin aanvra. Die volgende items moenie aangevra word nie, aangesien dit ingesluit sal word by die gemeente se jaarlikse voorraad: Gemeenterapport (S-1), koeverte vir gemeenterapport (rce), Oorbetaling van bydraes (S-20), Ouditverslag van gemeenterekeninge (S-25), Boekhouvorm (S-26) en Maandelikse gemeentelike rekeningverslag (S-30). Gebruik alle vorms asseblief oordeelkundig. Dit moet slegs gebruik word vir die doel waarvoor dit gedruk is.

◼ Aandag lektuurkoördineerders: Wanneer julle die takkantoor kontak in verband met lektuur wat verkeerd afgelewer is, sal ons dit waardeer as julle, indien moontlik, die paklys(te) byderhand het. As julle na die takkantoor skryf, moet julle asseblief ’n afskrif van die paklys voorsien.

◼ Nuwe publikasies beskikbaar:

Ondersoek die Skrif elke dag—2005—Groot druk—Chichewa, Engels, Shona

◼ Nuwe kompakskywe beskikbaar:

Warning Examples for Our Day—Engels

Watchtower Library—2004 Edition—Engels, Portugees (LET WEL: Van nou af sal dit ’n jaarlikse item wees.)

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel