Teokratiese nuus
◼ Twee nuwe Koninkryksale is toegewy. Die Castle Rock-gemeente (Mount Fletcher) en die Shayandima-gemeente (Venda) is verheug om waardige plekke van aanbidding te hê.
◼ Die 65 “Wandel met God”-streekbyeenkomste wat in Suid-Afrika en die naburige lande gehou is, het ’n gesamentlike bywoningsyfer van 160 821 gehad en altesaam 2 322 is gedoop. Ons waardeer die harde werk van al die broers wat ’n aandeel daaraan gehad het om hierdie uitstekende program aan te bied, sowel as die duisende vrywilligers wat noodsaaklike dienste verrig het ten behoewe van diegene wat hierdie byeenkomste bygewoon het.