Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 7/04 bl. 4
  • Hoe om in sakegebied te getuig

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe om in sakegebied te getuig
  • Ons Koninkryksbediening—2004
  • Soortgelyke materiaal
  • Bied die Goeie Nuus Aan—Deur met vrymoedigheid in sakegebied te getuig
    Ons Koninkryksbediening—1989
  • Verbeter jou vaardighede in die bediening—Getuieniswerk in sakegebied
    Ons Koninkryksbediening—2015
  • Bied die Goeie Nuus Aan—Op straat en in sakegebied
    Ons Koninkryksbediening—1985
  • Verkondig die goeie nuus oral
    Ons Koninkryksbediening—1996
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2004
km 7/04 bl. 4

Hoe om in sakegebied te getuig

1. Wat is van die voordele van getuieniswerk in sakegebied?

1 Sal jy daarvan hou om in ’n gebied te getuig waar besoekers gewoonlik verwelkom word en waar mense selde nie tuis is nie? Jy kan dit moontlik reg in julle gemeente se gebied doen. Hoe? Deur die sakeondernemings in julle gebied te besoek. Verkondigers wat van winkel tot winkel getuig, geniet dikwels goeie resultate.

2. Hoe kan getuieniswerk in sakegebied georganiseer word?

2 Sommige gemeentes se toegewese gebied sluit sakebuurte in. Die broer wat na die gebied omsien, kan spesiale gebiedskaarte maak van hierdie dele waar daar baie sakeondernemings is. As ’n kaart van ’n woongebied ook ’n sakebuurt insluit, moet die kaart duidelik aandui dat die sakeondernemings nie gedek moet word nie. In ander gebiede kan sakeondernemings saam met die wonings gedek word. As jy nog nooit in sakegebied getuig het nie, kan jy met ’n paar kleiner winkels begin.

3. Wat sal ons help om welslae te behaal wanneer ons van winkel tot winkel getuig?

3 Gebruik ’n eenvoudige benadering: Wanneer jy van winkel tot winkel getuig, is dit belangrik dat jy aantrek soos vir ’n vergadering by die Koninkryksaal. Dit is ook goed om ’n tyd te kies wanneer die winkel nie besig is nie. Gaan indien moontlik in wanneer daar geen klante wag om bedien te word nie. Vra om met die bestuurder of die verantwoordelike persoon te praat. Wees kort en saaklik. Wat kan jy sê?

4-6. Wat kan ons sê wanneer ons vir ’n winkelier of bestuurder getuig?

4 Wanneer jy met ’n winkelier of bestuurder praat, kan jy iets sê soos: “Sakemense is so besig dat ons hulle selde tuis vind; daarom besoek ons u hier by die werk. Ons tydskrifte bespreek huidige gebeure in ’n wêreldwye konteks.” Vestig dan die aandag op een kort gedagte uit een van die tydskrifte.

5 Of jy kan hierdie eenvoudige benadering probeer: “Baie mense sal graag meer van die Bybel wil weet maar het baie min tyd. Hierdie traktaat verduidelik ’n gratis studieprogram wat aangebied word om u te help om antwoorde op u Bybelvrae te vind.” Vestig dan die aandag op bladsye 4-5 van die traktaat Wil jy graag die Bybel beter leer ken?

6 As dit lyk of die bestuurder besig is, kan jy moontlik net ’n traktaat aanbied en sê: “Ek sal terugkom wanneer u nie so besig is nie. Ek sal graag wil hoor wat u van hierdie traktaat dink.”

7. Hoe kan ons die belangstelling wat ons in sakegebied vind, verder ontwikkel?

7 Ontwikkel belangstelling: Jy kan dalk selfs ’n Bybelstudie in sakegebied hou. ’n Spesiale pionier het gereeld tydskrifte vir ’n sakeman geneem. Toe die man waardering uitspreek vir die dinge wat hy lees, het die pionier die Bybelstudiereëling met behulp van die Vereis-brosjure gedemonstreer. ’n Studie is net daar by die man se werksplek begin. Die pionier het die omstandighede in ag geneem en die studie elke keer net 10 of 15 minute lank gehou. Mag ons ook aanhou soek na verdienstelikes deur in sakegebied te getuig.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel