Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool
Die volgende vrae sal bespreek word by die Teokratiese Bedieningskool gedurende die week wat begin met 28 Junie 2004. Die skoolopsiener sal ’n hersiening van 30 minute hou wat gebaseer is op die materiaal wat gedek is in toewysings vir die weke vanaf 3 Mei tot 28 Junie 2004. [Let wel: Waar daar geen verwysings ná die vraag is nie, sal jy jou eie navorsing moet doen om die antwoorde te vind.—Sien Bedieningskool, bl. 36-7.]
SPRAAKHOEDANIGHEDE
1. Watter faktore kan daartoe aanleiding gee dat ons nie op ’n geselstrant praat nie of te formeel klink wanneer ons van die verhoog af praat? [be-AF bl. 179 par. 4]
2. Waarom behels dit meer as om net reg asem te haal en gespanne spiere te ontspan as ons ons stemgehalte wil verbeter? [be-AF bl. 181 par. 2]
3. Watter praktiese stappe kan ons doen om “alles vir alle soorte mense” te word wanneer ons Bybelwaarhede aan hulle verkondig? (1 Kor. 9:20-23). [be-AF bl. 186 par. 2-4]
4. Wat behels dit om in ons bediening aandagtig te luister? [be-AF bl. 187]
5. Waarom is dit belangrik om respek te toon vir almal wat ons in ons bediening ontmoet? [be-AF bl. 190]
TOESPRAAK NR. 1
6. Wat is die doelwit van diegene wat teokratiese opleiding voorsien, en wat sal ons help om hierdie doelwit te bereik? (Matt. 5:16; Joh. 7:16-18). [be-AF bl. 56 par. 3–bl. 57 par. 2]
7. Waarom is dit nuttig om gebruik te maak van teenstellings wanneer ons onderrig, en hoe het Jesus hierdie onderrigmetode gebruik? [be-AF bl. 57 par. 3; bl. 58 par. 2]
8. Hoe het Jesus se onderrigting, in teenstelling met dié van die Fariseërs, die harte van mense bereik? [be-AF bl. 59 par. 2-3]
9. Hoe kan ons diegene wat ons onderrig, help om toe te pas wat hulle leer sonder dat ons besluite vir hulle neem? [be-AF bl. 60 par. 1-3]
10. Hoe moet ons antwoord wanneer ander ons vra oor sake wat persoonlike besluite behels? [be-AF bl. 69 par. 4-5]
WEEKLIKSE BYBELLEESGEDEELTE
11. Waarom moes Moses “die voorbeeld van die tabernakel en die voorbeeld van al sy toebehore” noukeurig volg? (Eks. 25:9). [it-2 bl. 1058 par. 7]
12. Wat kan ons leer uit Aäron se antwoord aan Moses tydens die voorval met die goue kalf? (Eks. 32:24).
13. Wat kan ons leer uit die geloof wat die Israeliete getoon het deur Jehovah se bevel in Eksodus 34:23, 24 te gehoorsaam?
14. Wat was die doel van ’n gemeenskapsoffer? (Lev. 3:1).
15. Hoe is die prosedure in verband met Aäron se inhuldiging, wat in Levitikus 8:23 opgeteken is, op antitipiese wyse op Jesus van toepassing? [it-2 bl. 1113 par. 4; w68 bl. 399 par. 24]