Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 1/04 bl. 1
  • Die oortreffende waarde van goddelike wysheid

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die oortreffende waarde van goddelike wysheid
  • Ons Koninkryksbediening—2004
  • Soortgelyke materiaal
  • Die oortreffende waarde van goddelike onderrigting
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Jehovah se gebruik van “dwaasheid” om die wat glo te red
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • “Hoe diep is God se . . . wysheid . . . tog!”
    Kom nader aan Jehovah
  • Ware wysheid roep hard uit
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2022
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2004
km 1/04 bl. 1

Die oortreffende waarde van goddelike wysheid

1 Party mense meen dat Jehovah se Getuies hulle meer direk daarop moet toelê om oplossings te help vind vir die probleme wat die mensdom vandag in die gesig staar. Hierdie mense sien nie die oortreffende waarde van ons Bybelonderrigtingswerk raak nie. Dit is soos die apostel Paulus geskryf het: “Die woord oor die folterpaal is dwaasheid vir dié wat vergaan, maar vir ons wat gered word, is dit God se krag” (1 Kor. 1:18). Ja, ons weet dat die Christelike bediening die belangrikste werk is wat vandag op die aarde gedoen word.

2 Nou ’n beter lewe: Mensepogings om die mensdom se probleme op te los, het baie beperkte resultate opgelewer. Wetgewing het nie die geweldige toename in misdaad stopgesit nie. Vredesverdrae en vredesmagte het nie oorlog beëindig nie. Maatskaplike programme het armoede nie uit die weggeruim nie (Ps. 146:3, 4; Jer. 8:9). In teenstelling hiermee het die Koninkryksboodskap miljoene lewens verander deur mense te help om hulle met ’n nuwe persoonlikheid te beklee wat vir God aanneemlik is (Rom. 12:2; Kol. 3:9, 10). Deur dit te doen, geniet hulle nou ’n verbeterde lewensgehalte.—1 Tim. 4:8.

3 ’n Gelukkige toekoms: Benewens die feit dat goddelike wysheid ons help om die onmiddellike uitdagings van die lewe die hoof te bied, stel dit ons ook in staat om goed vir die toekoms te beplan (Ps. 119:105). Dit keer dat ons vergeefse pogings aanwend om die huidige stelsel van dinge te probeer verander (Pred. 1:15; Rom. 8:20). Hoe dankbaar is ons tog dat ons nie ons lewe verkwis in die najaging van doelwitte wat net ’n illusie is nie! Ons gebruik ons kragte in ooreenstemming met Jehovah se betroubare belofte van “nuwe hemele en ’n nuwe aarde” waarin regverdigheid sal woon. Wanneer Jehovah se dag van oordeel aanbreek, sal daar geen twyfel bestaan dat diegene wat op goddelike wysheid staatgemaak het, die regte besluit geneem het nie.—2 Pet. 3:10-13; Ps. 37:34.

4 Hoewel goddelike wysheid dalk onprakties lyk vir diegene wat diep betrokke is by “die wysheid van hierdie stelsel van dinge”, is dit in werklikheid die enigste praktiese weg om te volg (1 Kor. 1:21; 2:6-8). Gevolglik hou ons aan om oor die hele aarde die boodskap te verkondig wat van God kom, wat “alleen wys” is.—Rom. 16:27.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel