Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/03 bl. 11
  • Teokratiese nuus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Teokratiese nuus
  • Ons Koninkryksbediening—2003
Ons Koninkryksbediening—2003
km 10/03 bl. 11

Teokratiese nuus

◼ Ons het nog ’n uitstekende jaar gehad wat Koninkryksaalbouwerk betref. Om die waarheid te sê, dit was baie bemoedigend om te sien dat ongeveer 180 Koninkryksale die afgelope drie jaar gebou is. Hoe dankbaar is ons tog vir Jehovah se ryk seën!

Het jy jou vrywillig aangebied om met ’n Koninkryksaalbouprojek te help? Dan het jy waarskynlik die vreugde daarvan ervaar om te gee (Hand. 20:35). Benewens ons plaaslike vrywilligers het vrywillige Koninkryksaal-konstruksiewerkers van oorsee af gekom om ons liefdevol te help. Gevolglik het een Streekboukomitee daarin geslaag om 11 Koninkryksale binne 9 maande te bou. Hierdie soort ywer gee ’n groot getuienis tot Jehovah se naam, maak ’n diep indruk op die gemeenskap en het ’n goeie uitwerking op almal.

Die apostel Paulus het geskryf: ‘Deur middel van ’n gelykmaking kan julle oorvloed hulle tekort aanvul’ (2 Kor. 8:14). Vandag word die nodige fondse om Koninkryksale te bou, deur middel van ’n soortgelyke gelykmaking voorsien. Talle gevestigde gemeentes het kleiner gemeentes gehelp deur ’n bykomende Koninkryksaallening ten behoewe van daardie gemeentes te verkry. Maandelikse bydraes tot die Koninkryksaalfonds en die maandelikse terugbetaling van gemeentelike lenings word waardeer en word gebruik om gemeentes te help wat ’n Koninkryksaal dringend nodig het.

Die volgende 19 Koninkryksale is in onlangse maande toegewy: Nkande, Ezakheni-Oos, Incotshane en Klaarwater (KwaZulu-Natal); Amsterdam en Kwamhlanga (Mpumalanga); Mafikeng-Suid, Cassel, Huhudi, Dryharts, Magogoe-Koikoi en Ikhutseng (Noordwes); Club View en Namahadi (Vrystaat); Ginsberg en Nonibe (Oos-Kaap); Ncweng (Noord-Kaap); Boipatong (Gauteng) en Mantabeni (Swaziland).

Almal word aangemoedig om voort te gaan om hulle volle ondersteuning aan hulle Streekboukomitee te gee. Maak seker dat jy by die veiligheidsreëls bly wanneer jy by die bouterrein werk. Benewens ’n paar klein ongelukke tydens bouprojekte, het die 25 Streekboukomitees ’n goeie veiligheidsrekord behou. Party SBK’s beplan om hulle bouprogram gedurende die nuwe diensjaar uit te brei sodat hulle die talle kleiner gemeentes kan help wat nog nie ’n Koninkryksaal het nie. Daar is dus nog steeds ’n groot behoefte aan vrywilligers. Kan jy op enige manier help? Mag jou pogings voortdurend volgens Jehovah se wil die steun van die heilige gees geniet.—Heb. 2:4.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel